Monday 1 July 2013

MATIE BRINK SE BEESSTERT MET PERSKES en KLUITJIES:



MATIE BRINK SE BEESSTERT MET PERSKES en KLUITJIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/matie-brink-se-beesstert-met-perskes-en.html
 
[POTJIEKOS]
3kg beesstert deurgesaag by die lit
1kg droë perskes
2 uie. in skywe gesny
1 kop sojasous
3 skudde souspoeier
2 lourierblare
1 skud peperkorrels
2kg bruismeel
1e Marmite
SO MAAK JY :
Plaas die beesstert in ‘n warm pot en roer deur vir sowat 20 minute.
Verlaag die hitte en voeg die perskes en uie by.
Meng die sojasous met die souspoeier, lourierblaar en peperkorrels en gooi oor die vleis.
Laat prut vir 2½ uur of totdat die vleis sa gis.
Indien nodig, kan ‘n bietjie water son ou en dan bygevoeg word, moenie dat dit swem nie.
KLUITJIES :
Meng die meel met water om ‘n sagte deeg te vorm en skep lepelsvol daarvan bo-op die
Inhoud van die pot, wat nou lekker souserig sal wees.
Smeer met Marmite.
Maak die pot goed toe en loer na ‘n halfuur of die kluitjies goed uitgerys het en gaar is.
Sit onmiddellik voor met groente.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering*1/7/13

No comments:

Post a Comment