Tuesday 2 July 2013

MOSTERDRING


Mosterdring
*eie verwerking*
4 eiers
250 ml water
125 ml asyn
140 g bruinsuiker (175 ml)
15 ml gelatien
15 ml mosterdpoeier
2 ml droë borrie
1 ml sout
250 ml room, geklits.
Klits eiers in boonste deel van dubbelkastrol. 

Voeg water en asyn by terwyl aanhoudend geklits word. 
Meng suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout. 
Roer suikermengsel by eiermengsel.
 Roer oor kokende water tot mengsel begin verdik.
 Laat afkoel tot louwarm. 
Vou room in mosterd mengsel in. 
Giet in 'n ringvorm wat met koue water uitgespoel is. 
Plaas in yskas om te stol. 
Ontvorm en bedien saam met gemengde mosterdpiekels. Plaas dit op 'n mooi glasbord en versier met slaai.*Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 2/7/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/mosterdring.html


 




                                               Hier het sy die Mosterdring met hoender gemaak


TANNIE POPPIE SE POPULERE MOSTERT EN TONG RING

Poppie Coetzer>Kokkedoor
goeie more hi kom die mostertring resep
4eiers
250ml water
 150g witsuiker
 125ml asyn
1 5 ml gelatine
 15ml mostert poeier
 2ml borrie
1 ml sout
250ml room.
 Klits die eiers in die boonste deel van n dubbelkoker.
 Klits die water en asyn by die eiers.
Meng die suiker, gelatine, mosterd, borrie en sout en meng goed met die eiermengsel.
 Plaas oor die kokende water en roer aanhoudend tot effens dik.
Laat afkoel tot lou klits die room st yf en vou dit in die mostertmengsel giet in ringvorm plaas in yskas tot gestol gooi uit en garneer soos verkies
STAP 2
1 gaar tong in blokkies gesny
 4 hardgekookte eiers in blokkies gesny
fyngekapte pietersielie
hoenderaftreksel en gelatien
klaar gestolde mostertring in vorm
meng die eiers en tong en pietersielie met die hoender aftrksel en gelatine wat in klein bietjie water opgelos is sit klein gesnyde tamaties by gooi bo oor die mostertring wat klaar gestol is plaas terug in yskas tot gestol (kan enige oorskiet vleis gebruik)12/12/13>Helena Kruger* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/mosterdring.html

No comments:

Post a Comment