Tuesday 2 July 2013

BEESVLEISPOT MET MIELIEBROOD



Beesvleispot met mieliebrood

Huisgenoot
Genoeg vir 6 mense
15 ml (1 e) olie
1 kg beesvleis-ghoelasj
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in skywe gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
60 ml (¼ k) tamatiepasta
410 g (1 blik) gekapte tamaties
375 ml (1½ k) water
skil van 1 suurlemoen
sout en peper, na smaak
Mieliebrood
500 ml (2 k) polenta of pap
’n knippie sout
15 ml (1 e) suiker
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
250 ml (1 k) karringmelk of suurmelk
2 eiers
400 g (1 blik) roommielies
30 ml (2 e) olie
1.    Voorverhit die oond tot 180 C. Verhit olie in ’n pot oor hoë hitte. Voeg die beesvleis by en braai 5 minute tot goed verbruin. Voeg die spekvleis by en braai 2 minute terwyl jy roer. Roer die uie, soetrissie, tamatiepasta, tamaties en water in. Bring tot kookpunt en verminder die hitte tot laag. Bedek en laat ’n uur prut of tot die vleis sag is.
2.    Haal die deksel af, voeg die suurlemoenskil by en laat prut ’n halfuur of tot die sous verdik het. Haal die vleis uit die pot en vlok met ’n vurk. Sit die vleis in die pot terug en geur met die sout en peper na smaak. Verhit vyf minute oor lae hitte.
3.    Mieliebrood Smeer ’n 20-cm-broodpan. Meng die polenta, sout, suiker, bakpoeier en koeksoda. Meng die karringmelk, eiers, mielies en olie in ’n groot bak. Meng die droë bestanddele by die karringmelkmengsel in en roer tot goed gemeng. Giet die beslag in die broodpan en bak 40 minute of tot gaar in die middel.*Huisgenoot*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*2/7/13


No comments:

Post a Comment