Tuesday 2 July 2013

KEDGIREE



VISRYS   KEDGIREE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/kedgiree.html

Genoeg vir 6 mense


50 g botter
1 ui, fyn gekap
500 ml (2 k) basmati-rys
5 ml (1 t) kerriepoeier
2 ml (½ t) neutmuskaat
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) dikroom
250 ml (½ k) water
300 g stokvis, in stukke gesny
5 ml (1 t) paprika
sout en peper
gekapte pietersielie
3 eiers, gekook en in helftes of kwarte gesny

1 Smelt die botter in ’n middelslag-pot oor matige hitte, roer die ui en rys in en braai vyf minute terwyl jy roer.
2 Voeg die kerriepoeier en neutmuskaat by. Meng die melk, room en water in ’n bak en giet oor die rys. Voeg die vis by en laat prut 20 minute terwyl jy af en toe roer tot die rys gaar is. Voeg ’n bietjie water op ’n slag by as die mengsel te droog raak.
3 Geur met die paprika, sout en peper en roer die pietersielie in. Voeg die eiers by en sit voor.
Hope Malau>Huisgenoot*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*2/7/13



 




KEDGIREE
My eie konkoksie.
2 uie gesmoor met knoffel en gemmer...
Dan 2 fyn gekapte tamaties, kerrie poeier en
2 eetlepels Suurlemoensap (sommer out die bottle)....
Laat prut vir so 10 minute...skakel plaat af.....
Dreineer blikkie pilchards en voeg by bg.
Voeg dit by gekookte rys in pyrex bak en meng liggies met vurk. Laastens sit kwart gekookte eiers bo-op. Ek het resep ge'google' maar op die ou end my eie kop gevolg.**
Georgina Solomon*21/01/2016

No comments:

Post a Comment