Thursday, 29 August 2013

BEETSLAAI




                                                                    
Besonderse Beetslaai
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/beetslaai.html

Nina du Plessis
 6 gaar bete - gerasper
 1 ui in dun skyfies gesny
 Meng die vlg
 60 ml Roomkaas
30 ml Mayonaise
15 ml Suiker
20 ml Wit asyn
5 ml Mosterdpoeier
7 ml Geroomde Peperwortel.
 Meng met beet.
Gooi pietersielie oor vir garnering. 

>Foto onbekend<



VARS BEET MET FETA EN BALSAMIESE ASYN
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/beetslaai.html

Gebruik die gaarmaak metode hieronder of kook die beet net gewoonweg gaar.
Vars beet, oondgebak op 'n laag sout tot sag en gaar
Laat effens afkoel maar nie yskoud
Skil en sny die beet soos verkies
Plaas 'n laag roket of baba spinasie blare onder in bak
Skep die beet bo-op en meng liggies
Gooi die sous oor (sien resep onder)
Rangskik Feta en neute bo-op en bedien dadelik.


Slaaisous:
125 ml Balsamiese Asyn
5 ml Suiker
125 ml Olyfolie

Roer oor medium hitte totdat die suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en kook totdat dit effens gekondenseer is.
Laat afkoel en roer olyfolie by.
Bron: eetkoshuiskos
Geplaas deur: Dalene Brits*



                                                       Soet Suur beetslaai>Helena Kruger


SOET  SUUR BEET

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/beetslaai.html
6 Koppies gaar beet gerasper of blokkies

2 Koppies Asyn
3 Koppies Suiker[of net 2k]
1 Teelepel sout
3 Eetlepels Maizena
METODE:
Meng alle bestandele in aparte houer.
Meng met beet
Bring tot kook
Bottel
Helena Kruger!!
Dit is n baie lekker resep!!!Ek hou van hom hy het nie uie in nie so as jy dit bedien is n paar lekker vars uie skywe heerlik saam met dit..Dankie Anton Andreas Cilliers"!!!!!Treffer!
N.S ek het so 1kg klein heel uitjies klaar sag gekook en bygegooi>>16/3/12
— at Die Grasdak Bultfontein*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




Angelique Liebenberg 

BEETSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/beetslaai.html
HIERDIE BEETSLAAI KAN NIE GEBOTTEL WORD NIE, GEBRUIK DADELIK OF IS GOED VIR OMTRENT 1 WEEK IN YSKAS

1kg beet gerasper, 
2 uie gerasper, 
KOOK DIE VOLGENDE SAAM:
1 pakkie wit uie sop,
250ml water
250ml wit asyn
250m suiker
10ml worcestersous
7ml mosterdpoeier
Sout en peper

Gooi warm sous bo-oor beet en uie en bewaar in yskas.

No comments:

Post a Comment