Sunday 18 August 2013

BESSIE EN PYNAPPEL KAASKOEK VIR DIABETE

Dalene Brits                            

Hierdie nagereg is uit die boeke! Nie-diabete sal dit net so geniet!
DANIëL DE KOCK
Diabetiese nagereg
B LADSY 19 Tyger B URGER Woensdag 24 September 2003 VANDEESWEEK gee ek die twee wenresepte van 'n wedstryd vir diabetiese nagereg wat die VLV-sirkel Tygerberg gehou het. Sharon Terblanche van Durbanville se bessie-enpynappel-kaaskoek was die wenner en Sarina van Rensburg van Goodwood was tweede met haar gestolde lemoenpoeding.

BESSIE-EN-PYNAPPEL-KAASKOEK
3x250 g bakkies gladde maaskaas
425 g (1 blikkie) onversoete pynappelstukkies/ringe in natuurlike sap, gekap, ongedreineer
30 ml gelatien, gespons in 125 ml koue water
8 ml vloeibare kunsmatige versoeter, of na smaak
10 ml vanieljegeursel
125 ml afgeroomde melk
Bolaag:
7,5 g (1 pakkie) jellie vir diabete (aarbei/framboos)
125 g vars bloubessies/framboos, afgespoel

Metode: Plaas pynappelstukkies/ringe in elektriese voedselverwerker. Verwerk tot fyn. Voeg sap by. Los gelatien op in mikrogolf. Roer goed deur. Laat effens afkoel.Voeg die maaskaas, versoeter, vanielje en melk by die pynappelpulp. Voeg gelatien by. Vermeng alles tot glad. Giet in liggesmeerde tertbak van 230 mm. Verkil in yskas tot ferm. Rangskik bessies in sierpatroon op kaaskoek. Maak jellie aan volgens aanwysings en laat afkoel. Verkil oor ys tot dit net begin verdik. Skep verdikte jellie versigtig oor bessies. Plaas terug in yskas tot ferm. (12 porsies) 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/bessie-en-pynappel-kaaskoek-vir-diabete.html

No comments:

Post a Comment