Monday 19 August 2013

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEKE

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK     (Loraine)


Hier is my chokolade mayonnaise koek, my ouma draai in haar Graf Om as sy weet ek gee dit uit !!! Maar hier kom hy :

Meng sel A.
2 kp koekmeel
3/4 kp kakao
10 ml Bakpoeier
15ml koeksoda

Mengsel B :
3 eiers
1 kp Mayonaise ( cross/ Black)
400 ml Suiker
5 ml vanielje geursel
330ml water

** Meng mengsel. B baie goed, gooi by mengsel A !!!! Meng Al's lekker goed.

** Spuit 2 koekpanne , in die oond op 180*C , bak tot gaar!!,

Sit net gekookte Caramel kondensmelk op !!!!,

Yum yum
Geplaas deur : Loraine Shelley 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/sjokolade-mayonnaise-koeke.html

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK (Vrouekeur)


Vinnig en maklik - resepte uit die Vrouekeur

Koek
1 ¾ k koekmeel
½ k kakao
1 eetl bakpoeier
¾ k strooisuiker

1 k water
1 k mayonnaise
1 teel vanieljegeursel

Versiersel
2 plakke neutsjokolade
5 eetl bulgaarse jogurt teen kamertemperatuur

Metode:
Stel oond op 160C.
Koek :
Sif meel, kakao en bakpoeier saam in groot mengbak en roer suiker by. Klits water, mayonnaise en vanielje saam tot net gemeng. Maak holte in middel van droë bestanddele, giet watermengsel in en roer tot gemeng. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan en bak 40 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat koek in pan afkoel voor dit uitgekeer word.
Versiersel
Smelt sjokolade teen 70% krag in mikrogolfoond of in dubbelkoker. Laat effens afkoel. Meng jogurt deegblik by en smeer oor afgekoelde koek-Carin Ras Wilson
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/sjokolade-mayonnaise-koeke.html

No comments:

Post a Comment