Tuesday 6 August 2013

GEMARINEERDE ARTISJOKKE




Gemarineerde Artisjokke
5 - 6 groot artisjokke
2 t suurlemoensap
½ t sout
2 e witwynasyn

3 e olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
1 tiemietakkie
1 lourierblaar
1 pietersielietakkie
6 swartpeperkorrels
6 koljandersaadjies

Berei die artisjokke voor en kook tot al denté. Plaas in koue water en verfris. Verwyder die artisjokblare en harige gedeelte, sny die hart in kwarte en plaas in ‘n gesteriliseerde houer. Gooi die suurlemoensap en sout oor en skud goed. Bring die res van die bestandele saam tot kookpunt, verlaag die hitte en en laat vir ongeveer 2 minute prut. Gooi warm marinade oor die artisjokke in die gesteriliseerde houer. Verseël en stoor in die yskas vir ten minste 24 uur voor gebruik. WENK - Afhangende van die grootte van jou houer mag jy dalk meer marinade nodig kry. Verdubbel dan net die hoeveelhede.*Pasella *Lekker Resepte vir die Jongergeslag   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/gemarineerde-artisjokke.html

No comments:

Post a Comment