Thursday 29 August 2013

HOL VETKOEK


HOE OM JOU VETKOEK HOL TE KRY BINNEek maak nie my eie deeg aan nie. Gebruik ook sommer Spar se brooddeeg, rol dit so 2cm dik uit, druk met `n blikkie waarvan albei kante afgesny is uit, druk vetkoek effe plat en bak in warm olie. Dit is elke keer `n sukses. Kosmater ♥. N.S. geen gerys en dit werk!!Helena♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/hol-vetkoek.html
                       
FOTO VERSKAF DEUR HETTIE BEZUIDENHOUT
Ouma se Maklike Hol Vetkoeke
[boerekos kookengeniet]
Dit werk elke keer en die vetkoeke is lekker hol. Hier is die resep…
8 k koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetl sout
1 eerl suiker
1 liter louwarm water
olie vir braai
SO MAAK MENS:
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses) Knie vir minstens 7 minute lank
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 minute.
Knie af.
Op koekmeel oppervlak druk vetkoek deeg effens plat met hande , rol nou die deeg met n koekroller so 2 cm en druk sirkels uit met drukker Bak in warm olie., dan pof hulle sommer so op..!!
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, of kan ook uitdruk met ronde drukker of glas
*Toets olie deur klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg.
WENK:
Van my vetkoeke kom so uit. Ek te lui is vir knie gebruik ek sommer winkel deeg. Jul kan kerrie vetkoeke op die volg manier ook doen. Maalvleis kerrie moet klaar gaar wees. Rol deeg nie te dun uit. Druk medium groot sirkels uit. Skep maalvleis in middel van sirkel. Vou toe soos n jamtertjie . Sorg dat die kante mooi toe is en bak in olie. Gereed om te eet en jy hoef nie na die tyd nog vleis binne die vetkoek te skep nie!
Geplaas deur: Berie Vd Velden Smith

HOL VETKOEKE
[ONBEKEND]
8 k koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetl sout
bietjie suiker (30ml)
liter louwarm water
olie (om mee af te knie)
SO MAAK MENS:
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses)
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 min.
Knie af
Rol deeg uit tot so 2 cm dik
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in)
Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.
Ek gooi altyd eers 'n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met 'n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2x af) en roosterkoek.
Vetkoekraad:
• Ja, ek het gevind om die deeg baie dun uit te rol maak die vetkoek hol of ek het al my deeg gerol, dan sny met skerp mes blokke en bak. Whalla, hol vetkoek
• Om vetkoeke lekker hol te kry vir jou maalvleis rol die deeg met n koekroller so 2 cm en druk uit met drukker of glas dan pof hulle sommer so.

No comments:

Post a Comment