Thursday 29 August 2013

ROERBRAAIGROENTE

ROERBRAAIGROENTE                                                            

Woensdag 28 Augustus 2013
Deur: Heleen Meyer
Program: Oggend op RSG
Porsies: 4-6


30-45 ml (2-3 e) suurlemoen avokado-olie (of die geur van jou keuse)
250 g bruin sampioene, in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in dun skyfies gesny
6 sprietuie met groen blare, in diagonale skyfies gesny
1 knoffelhuisie, in dun repies gesny
10 ml (2 t) fyngerasperde vars gemmer
200 g broccoli, met stingels, in blommetjies gesny
200 g dwergmielies, groenboontjies of mange tout, in lengte deurgesny (of ’n mengsel hiervan)
suurlemoensap, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
75 g geroosterde kasjoeneute of gevlokte amandels


1. Sny al die groente voor die gaarmaakproses begin. Verhit helfte van die olie oor matige hitte in ’n groot vlak braaipan en soteer sampioene 5-7 minute of tot die meeste vloeistof verdamp het.
2. Voeg soetrissie, sprietuie, knoffel en gemmer by en soteer vir ’n paar minute. Voeg die broccoli by en roer af en toe tot die broccoli net heldergroen word. Voeg die orige groente by en soteer tot dit net gaar, maar steeds ferm en bros is. Voeg nog olie by indien nodig.
3. Geur die roerbraaigroente met suurlemoensap, ’n knippie sout en peper en die res van die olie. Sprinkel die neute oor en sit as groente saam met geroosterde vis of hoender of enige gereg van jou keuse voor.

Wenke
1. Om dit ’n maaltyd te maak, roer ’n blikkie lensies of kekerertjies by of sit dit as vegetariese ete op gelyke hoeveelhede bruinrys en lensies voor.

2. Repies gaar hoender of vleis kan aan die einde bygeroer word vir ’n vinnige ete.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/roerbraaigroente.html

No comments:

Post a Comment