Saturday 31 August 2013

TUNAGEREG

TUNA MET KAAS EN UIE CHIPS




2 x 200g Tuna in water -
1 blik sampioensop -
1 x 125/150g kaas en uie chips (fyn gedruk, nie te fyn nie) -
2 x eiers geklits -
gerasperde kaas en paprika vir bo oor.

Meng alles saam. Mikro vir 12 min op Med-High.
Roer deur.
Gooi kaas en paprika bo oor.
Mikro 8 min op Med.

Ek het die keer myne in die oond gebak by 180 grade vir so 15 tot 20 min.
Ek het net droe parmasaanse kaas bo oor die gerasperde kaas gegooi en nie paprika nie. Dis net vir die bietjie kleur op die kaas. Jy kan paprika ook oorgooi as jy dit in die oond bak)

Resep kom net bietjie droer uit as dit in die oond gebak word. Ek sal volgende keer miskien 2 blikkies sop ingooi. Of 1½)

Jy kan dit somertyd koud eet saam met 'n lekker mengelslaai. (Hoe langer dit staan hoe meer stol dit)

Ek wil volgende keer miskien bietjie ertjies of mielies by roer.
Geplaas deur: Marlene Mouton 
Carstens  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/tunagereg.html


TUNA PASTA

Oond 180°C.
Kook
1 pak pasta, skulpies, skroewe of gewone macaroni, en dreineer.
Voeg 2 blikkies gedreineerde tuna by en
1 blik gedreineerde sampioen stukkies,
1 gekapte klein ui en
1 groot pak, fyngedrukte kaas en uie chips, roer
½ kop gerasperde kaas by.
Klits 1 k room en
4 groot eiers saam,
voeg sout en peper na smaak by en vou in mengsel. Skep in groot, diep oondbak en strooi halwe kop gerasperde kaas bo-oor, kaas kan om helfte cheddar en mozarella kaas wees.
Bak vir 40 minute tot gaar.

Ek het die ui gerasper, nie gesny nie. Ook pietersielie en knoffel by gesit. Vars sampioene gebruik. Het 4 eiers met room geklits, bietjie melk bygegooi, met mayonnaise en ‘n pakkie Creamy Fishbake. Maar geen ander geur middels by gesit nie. Dit alles gemeng met die pasta. Voor ek die kaas opgesit het, het ek n bietjie witwyn oor gegooi.
Netta Viljoen

No comments:

Post a Comment