Wednesday 21 August 2013

LAMSBOUD OOPGEVLEK OP DIE KOLE


OOPGEVLEKTE LAMSBOUD OOR DIE KOLE:
 [VLINDERBOUD]
BESTANDDELE:
2-2+1/2 kg lamsboud
250ml sonneblomolie
125 ml Worcestersaus
1/2 t tobasco of sambal
2 vol t mosterdpoeier
4-5 t sout
1 vol t fyn salie
1 vol t basilie
125 ml rooiwyn
4 huisies knoffel fyn/1 t smaakmaker(vestjin of koeksoda)/1 pakkie knoffel biefstuk marinade(liefs van Knorr)
METODE:
Meng alles en laat die vleis minstens een dag in marinade.
Draai vleis af en toe om en bedruip dit met marinade.
Bereidingswyse:
Braai oor rooster tot gaar en daai af en toe om en bedruip met marinade -as die vleis 3/4 gaar is, kan sout daaroor gestrooi word.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/lamsboud-oopgevlek-op-die-kole.html 





Ontbeende lamsboud oor die kole
Deur Bernice van der Merwe Vrydag 01 April 2011 Huisgenoot
Genoeg vir 4-6 mense
1 lamsboud (sowat 1kg; vra jou slagter om dit te ontbeen) olyfolie
3 knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml (2 e) roosmaryn
sap en skil van 2 suurlemoene
15 ml (1 e) worcestersous
vars gemaalde swartpeper
sout na smaak
250 ml (1 k) room
Plaas die ontbeende lamsboud in ’n groot glasbak en bedek dit met die olyfolie, knoffelhuisies, roosmaryn, suurlemoensap en -skil, worcestersous en vars gemaalde swartpeper.
Marineer die lamsboud oornag of minstens ’n paar uur. Braai die boud oor matige kole en sout dit na smaak.
Braai dit sowat 20 minute, afhangend van hoe gaar jy daarvan hou.
Laat rus die vleis vir 15 minute in ’n oondbak en hou effens warm.
Sny die boud in skywe.
Giet die pansappe in ’n klein kastrol en roer die room by.
Bring tot kookpunt en laat prut tot die sous verdik.
Sit die vleis voor saam met die roomsous, groente en opgekookte aartappels

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/lamsboud-oopgevlek-op-die-kole.html

No comments:

Post a Comment