PARMESAAN-PAPIERBROOD
Deur Herman Lensing, SARIE Desember 2012
Parmesaan-papierbrood
Foto’s: Donna Lewis Galery
(genoeg vir 8)
125 ml water
45 ml olyfolie
5 ml sout
280 g (500 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
100 g parmesaankaas, fyngerasper
Verhit oond tot 220 °C. Plaas water, olie en sout in middelslag-mengbak.
Roer met houtlepel ter wyl jy meel geleidelik byvoeg tot deeg ’n stywe,
kniebare vorm het. Knie op meelbestrooide opper vlak vir 5 – 8 minute of tot
deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat
rus op warm plek vir 30 minute.
Verdeel deeg in 8 ewe groot porsies. Rol met koek- roller op meelbestrooide
opper vlak tot papierdun. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met
kleefwerende kossproei. Plaas deeg op bakplaat en sprinkel kaas oor. Bak vir 8
– 10 minute of tot goudbruin en bros. Haal uit oond en laat afkoel.
Draai bakpapier om elke brood en bind vas met mooi kombuistou. Sit voor met
sampioen-patee.
Assistent Cara Rademeyer & Nico Meyer
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/parmesaan-papierbrood.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/parmesaan-papierbrood.html
No comments:
Post a Comment