Wednesday, 21 August 2013

SAMPIOEN PATEE

SAMPIOEN-PATEE                                                             

Deur Herman Lensing, SARIE Desember 2012

Foto’s: Donna Lewis Galery
Vinnig en maklik. Jy kan dit reeds die dag voor die tyd maak en in ’n lugdigte houer in die yskas bêre.

(genoeg vir 8)

45 ml olyfolie
60 ml botter
1 klein ui, fyngekap
500 g bruinsampioene, grofgekap
2 stingels vars tiemie, fyngekap
45 ml balsemasyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 x 250 g-houers roomkaas

Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Voeg ui by en braai vir 2 – 3 minute. Voeg sampioene en tiemie by en braai nog 5 – 8 minute of tot sampioene gaar is. Voeg asyn by en geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel tot koud. Plaas in voedselver werker saam met roomkaas. Ver werk tot gladde mengsel op hoë spoed. Skep in bakkies en sprinkel ’n bietjie goeie olyfolie oor
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/parmesaan-papierbrood.html

No comments:

Post a Comment