Sunday 29 September 2013

GROOT KOEKE




SJOKOLADE KOEK 2000
 

Barry Theron[ Vriend]
1k Strooisuiker
1k Koekmeel
3t Bakpoeier
1t Sout
2e Kakao of 2e Maizena vir n wit koek
4 Eiers
1e Vanielje
1/2k Kookwater
1/2k Olie
Sif droee best. met 1t Bakpoeier
Meng kookolie en water, Voeg by droee best.
Skei eiers
Voeg Vanilja by eiergele, meng, voeg by mengsel. Klits eierwitte met 2 t bakpoeier en voeg laaste by mengsel. Bak by 180*C vir so +- 35min. Barry Theron 2000...Helena n.s. Dit is die lekkerste "KLAM" koek wat ek nog gebak het n Treffer Junie 2010 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html


 


KLOP EN BAK KOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html Bestanddele:
½ k sagte margarien (125 ml)
2 eiers
1 t vanielje (6 ml)
2 t bakpoeier (gelyk) (12 ml)
¾ k strooisuiker (190 ml)
½ t amandelgeursel (3 ml)opsioneel
1½ k meelblom (375 ml)
½ k melk (125 ml)
Metode:
1. Plaas al die bestanddele in bak klop vir 3 – 5 minute.
2. Gooi in voorbereide panne en bak 20 – 25 minute by 180°C (350°F).
3. Baie lekker om verskillende vulsels op te sit en bedien dan met styfgeklopte room.*Pampoen tot Paleis**






Hannalie Kitshoff

Miracle Pan Release


1/2 cup vegetable shortening
1/2 cup vegetable oil
1/2 cup all-purpose flour
Whisk thoroughly until everything is incorporated and smooth. Store in airtight container at room temperature. To use, dip a pastry brush or impeccably clean fingers into the mixture and spread a thin layer over the bottom and sides of pan(s) for any recipe that calls for “greasing and flouring” your pans.
*Note: you can make any size batch you’d like, just make sure all amounts of each ingredient are equal to each other.
Recipe source: Apron of Grace
Dit werk wonderlik!*11/3/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html



SUURLEMOEN KOEK
van Nataniel
• 250 ml strooisuiker
• fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
• 60 ml botter, saggemaak
• 3 eiers
• 375 ml bruismeel
• 15 ml papawersaad
• 250 ml suurroom
• sap van 1 suurlemoen
Metode:
Verhit oond tot 180˚C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.Helena♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Helena Kruger
MAKLIKE SJOKOLADE KOEK
• 155 g koekmeel
• 200 g strooisuiker
• 40 g kakao
• 20 ml bakpoeier
• ¾ koppie olie
• ¾ koppie kookwater
• 5 eiers
• 10 ml vanieljegeursel
• 5 ml bakpoeier
• 6 eetlepels Nutella
• 100 g 70%-sjokolade
Metode:
Verhit jou oond tot 180 ˚C. Sif die koekmeel, strooisuiker, kakao en die 20 ml bakpoeier saam. Voeg die olie en kookwater by en meng liggies. Skei die eiers en klits die eiergele en vanieljegeursel saam. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die eierwitte tot styf, voeg die 5 ml bakpoeier by en klits weer. Roer een derde van die geklitste eierwitte by die meelmengsel en vou die res liggies in. Bak in twee 20 cm gesmeerde panne of een groot ringpan. As twee panne gebruik word, bak vir 25 tot 30 minute, en vir ongeveer 45 minute as een groot pan gebruik word. Keer uit die panne en laat effens afkoel. Verhit die Nutella in die mikrogolf tot effens loperig en versier die sjokoladekoek daarmee. Smelt die 70%-sjokolade en smeer dit redelik dik op 'n gesmeerde stuk bakpapier. Laat dit hard word en breek in stukke. Versier die koek verder met die gebreekte sjokolade en sif dan 'n bietjie versiersuiker oor. Sarie kos Helena...
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Helena Kruger
BOTTER KOEK
125g Margarien
¾ koppie Suiker
2 Eiers
½ koppie Melk
1 teelepel Vanilla
1¾ koppie Meel
2 teelepels Bakpoeier
¼ teelepel Sout
Metode:
Klits die botter met ‘n houtlepel, voeg suiker geleidelik by. Klits tot dit lig en romerig is. Voeg geursel by. Voeg die eiers een vir een by. Klop goed na elkeen. Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg dit om die beurt met melk by botter mengsel. Klop tot alles baie goed gemeng is. Bak in 2 laagkoek panne 25 tot 30 minute by 180ºC.Helena ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Sulindie Pretorius
MILJOENERS KOEK
STROOP
200g (250ml) suiker
250ml water
Koekdeeg
140g (250ml ongesif afgemeet) koekmeelblom
30ml bakpoeier
knypie sout
250g botter of marg
100g (125ml) suiker
1 pak (200g) donker sjokolade
5 eiers
30ml brandewyn
Versiersel
1 pak heelneut sjokolade
30ml melk
Metode:
Verhit die suiker en water saam tot kookpunt en roer totdat die suikerkorrels opgelos het. Laat die stroop heeltemal koud word en hou dit eenkant tot nodig. Smeer 'n tuitpan, 25cm in deursnee en 11 cm diep of bespuit met spray en cook. Voorverhit oond tot 180C. Sif die meel, bakpoeier en sout. Smelt botter, suiker en choco saam oor kookwater. Gooi die mengsel in 'n mengbak en klits die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Voeg die brandewyn en klits weer goed.
Vou die meelmengsel by die eiermengsel in, die deeg is slap. Gooi die deeg in pan en bak 40 tot 45min tot gaar.
Haal die koek uit die oond. Gooi dadelik die koue stroop stadig oor die warm koek. Laat die koek in die pan afkoel.
Smelt die neut choco en melk saam oor lae hitte, keer die koek versigtig op 'n opdienbord en gooi die choco mengsel bo-oor. Laat dit afkoel Kosmater♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Helena Kruger
ROOI FLUWEELKOEK
625 ml (2½ k) koekmeel
375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kakao
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur
375 ml (1½ k) olie
5 ml (1 t) witasyn
25 ml (5 t) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak.
2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak.
3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.
Versiersel
1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig.2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.
29 January 2010 ♥
NOTA:  Lidia Theron het hom gebak en kan hom regtig aanbeveel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html



ROOI FLUWEELKOEK.


115g Botter
1 ½ koppie strooisuiker.
2 ekstra groot eiers.
1 botteltjie rooi voedsel kleursel.
3 eetlepels kakao.
1 koppie karringmelk.
1 teelepel vanieljegeursel.
2 ½ koppies koekmeel.
½ teelepel sout.
1 ½ teelepel koeksoda
1 eetlepel asyn.
Verhit oond tot 180. Room die strooisuiker en botter tot lig en romerig , voeg die eiers by en klits goed. Meng die voedselkleursel en kakao deeglik. Voeg die karingmelk en vanieljegeursel by en meng goed. Sif koekmeel en sout saam en roer dit beurtelings met die kakaomengsel by die eier mengsel in. Meng asyn en koeksoda en vou dit by beslag in. Giet die beslag in 2 koekpanne en maak gelyk. Bak vir 30mn of tot toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Verkoel op draadrak en sny. Koeke deur die middel om vier lae te maak.

Versiersel.
2 houers volroom roomkaas (250 g. Elk )
50ml botter gesmelt
(Ruim 3\4 koppie ) versiersuiker
3 eetlepels vars suur lemoen sap
Meng al die bestanddele goed saam
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Helena Kruger
GRIEKSE SPESERY KOEK
Die oorspronklike resep vir dié koek kom uit Take a vine-riped tomato deur Julie Biuso. Pas die resep en bolaag aan na gelang van wat in jou kombuiskaste is. Gebruik speserye waarvan jy hou en enige kleur suiker. Sit dit voor met 'n skeppie mascarpone of dik jogurt.
Beslag
225 g koekmeelblom
1 ml sout
2 ml gemengde speserye
5 ml kaneel
2 ml fyn gemmer
1 ml neutmuskaat
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
3 ekstra-groot eiers
250 g ligte bruinsuiker
150 g botter, gesmelt
250 ml dik Griekse jogurt of karringmelk
Bolaag
50 ml room of karringmelk
70 g botter, gesmelt
100 g bruinsuiker
50 g klapper
50 g pekanneute of gepelde amandels, gekap
Metode:
Voorverhit oond tot 160 °C en smeer 'n koekpan van 230 mm met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Sif die droë bestanddele saam en hou eenkant. Klits die eiers in 'n aparte bak en voeg die suiker bietjie vir bietjie by. Klits baie goed tot lig en dik. Klits die gesmelte botter en jogurt of karringmelk by. Voeg alles by die droë bestanddele en klits vir 1-2 minute tot glad. Giet in die voorbereide pan en bak vir 45 minute tot die koek ferm is en van die kante begin wegtrek. Haal uit dit oond en laat vir 10 minute afkoel. Keer uit op 'n afkoelrak. Verhit die oond se roosterelement tot baie warm. Meng die bestanddele vir die bo-laag saam en smeer oor die bokant van die koek. Sit onder die roosterelement tot borrelend en goudbruin. Laat afkoel. Landbou ..helena
♥ Het nog nie self gebak nie!!!Maar lyk baie lekker!!
28 April 2010 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Carol Elliott Claassen
ROOMKAAS WORTELKOEK
- 2 koppies koekmeelblom
- 2 koppies wit suiker
- 2 teelepels kaneel poeier
- 2 eetlepels bakpoeier
- 1/2 teelepel sout
- 1 teelepel "bicard of soda"
- 1 1/2 koppies kookolie
- 4 eiers
- 3 koppies gerasperde wortels
Metode:
Meng nou al die droee bestandele, behalwe die wortels, en roer die olie in.
Sodra die olie goed ingemeng is, dan breek jy een eier op 'n slag in en meng goed.
Vou laastens die wortels in.Voorverhit jou oond na 180 grade.Bak in die middel van die oond vir so 50 minute.
Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel.Haal die koek uit die koekpan.
Vir buite om- meng 1 koppie Mascarpone en versiersuiker totdat dit 'n lekker pasta is.
Smeer dit oor die koek, en sprnkel lekker gekapte neute oor.
PS : ONTHOU, 'N WORTELKOEK PROE GEWOONLIK LEKKERDER EERS DIE VOLGENDE DAG!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

CAROL ELLIOTT CLAASEN:
BAR ONE CHOCOLATE CAKE
Ingredients:
225g butter
125ml cocoa
5ml coffee powder
250ml water
2 eggs
300ml sugar
10ml vanilla
450ml self-raising flour
190ml cream
Topping:
2x58g Bar One chocolates, cut up
50g dark chocolate
100ml cream
5ml butter
Method:
Combine the butter, cocoa, coffee and water in a pot and heat gently until melted. Cool slightly and set aside.
Beat eggs and sugar, adding vanilla until light and fluffy. Add sifted flour and cream and mix well. While beating gradually add the cocoa mixture. Mix well.
Pour into a greased and lined 20cm-deep cake tin and bake at 180°C for 50-60 minutes.
For topping: combine all ingredients in a pot and heat gently until melted and smooth.
Cool until thickened. Pour over cooled cake. Leave to set.

Pamela van Wyk
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

AMARULA SJOKOLADE KOEK

60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Metode:
Stel oond op 180 grade Celsius.
1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed.
2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier:
1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies 15/6/10
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Helena Kruger
SJOKOLADE MOUSSEKOEK
Benodighede:
1 koppie suiker
1 koppie meel
½ koppie warm sterk koffie
3 t bakpoeier
2 eetlepels kakao
1 t sout
½ koppie olie
1 t vanilla essence
4 eiers geskei
Bestandele vir die SJOKOLADE MOUSSE
250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)
1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao
Bereiding
Voorverhit oond op 180 grade C
Metode vir die koek
SJOKOLADE SPONSKOEK
Klits suiker,warm koffie en kakao goed saam tot afgekoel
Skei die eiers en klits die geel van die eiers 1 voor 1 by
Voeg olie toe en klits goed
Voeg droë bestandele toe
Meng goed
Klits die eiwitte styf
vou die geklitste eiwitte goed in die mengels met 'n yster lepel
Skink in oondpan
Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 grade C
Laat afkoel op draadrak
Metode vir die mouse
SJOKOLADE MOUSSE
Klop die stork cremendous ( of ander room) styf
Voeg die gekookte kondensmelk by die room .
Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is
Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse
Verkoel vir minstens 'n uur <<<<Bibi
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Donker sjokolade en kersie terrien
Geskryf deur: jpetro  Boerekos.com
bestanddele:
400 g donker sjokolade
100 g geroosterde neute van jou keuse
200 g rooi kersies
200 ml room
30 ml brandewyn
50 ml versiersuiker
So gemaak:
Voer ’n langwerpige pan met bakpapier uit.
Gooi room en brandewyn saam in kastrol bring tot kookpunt.
Giet nou bo oor gekapte donker sjokolade en roer tot sjokolade smelt is.
Voeg kersies, neute by en meng liggies
Gooi mengsel in voorberiede pan en plaas invrieskas tot gestol. (hou gestol tot opdien)
Keer uit pan uit
Sny in skywe met ’n skerp mes.
Rond af in bordjies met versiersuiker bo oor gesprinkel.(gebruik klein siffie)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Coca-Cola Sjokoladekoek
Geskryf deur: jpetro  Boerekos.com
Bestanddele:
500ml meel
500ml suiker
5ml sout
250g botter
45ml kakao
250ml coca-cola
375ml marshmallows, in kwarte gesny
5ml koeksoda
125ml karringmelk
2 eiers, geklits
5ml vanieljageursel
Voorverhit oond na 180°C
Sif die meel en sout saam.
Voeg suiker by.
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot die botter gesmelt is.
Verwyder van die hitte en voeg die marshmallows by. Roer tot die marshmallows gesmelt het.
Meng goed met die meel.
Los die koeksoda in die karringmelk op en voeg by die koekmengsel.
Voeg ook die eiers en vanielje by.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde koekpan.
Bak teen 180°C tot reg, ongeveer 45 minute.
Versiering:
125g botter
45ml kakao
90ml coca-cola
500g versiersuiker
100g pekanneute, gekap
5ml vanieljegeursel
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot net voor kookpunt.
Voeg die versiersuiker by en meng goed.
Voeg meeste van die neute by asook die vanielje.
Versier die koek met die mengsel en strooi die res van die neute oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Neutlikeur koek
Geskryf deur: jpetro
VULSEL:
80 ml (70 g) strooisuiker
15 ml koffielikeur
100 ml (45 g) pekanneute, fyngekap
5 ml fyn kaneel
50 g donkersjokolade, gekap
KOEK
50 ml (30 g) mielieblom
500 ml (270 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
3.5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
125 g (125 ml) sagte botter
300 ml (260 g) strooisuiker
2 groot eiers
5 ml vanielje-ekstrak
220 ml suurroom
190 ml koffielikeur
100 g donkersjokolade
Metode
Vulsel:
Meng die bestanddele vir die vulsel en hou dit eenkant.
:Koek
Roer die mielieblom, koekmeel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en ’n knypie sout saam.
Meng die botter, strooisuiker, eiers en vanielje in ’n aparte mengbak. Klits dit vir twee minute op medium spoed.
Vou die mengsel om die beurt met 190 ml suurroom en die likeur by die droë bestanddele in.
Gooi ’n derde van die beslag in ’n gesmeerde, meelbestrooide fluitringpan van 23 cm. Sprinkel die helfte van die vulsel oor. Bedek dit met nog ’n derde beslag en sprinkel dan die res van die vulsel oor. Eindig met die res van die beslag. Bak die koek vir 45 minute in ’n voorverhitte oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat staan vir 15 minute voor jy die rande met ’n stomp mes lossny en die koek op ’n koekbord uitkeer.
Smelt die sjokolade oor ’n kastrol met kokende water. Roer die oorblywende 30 ml suurroom by tot die mengsel glad is. Laat afkoel en skep dit dan oor die afgekoelde koek. Versier met sjokoladekrulle en sif versiersuiker bo-oor 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html



Benhet Nieuwenhuis
DEKADENTE SPONSKOEK
4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarien
390g-blikkie karamelkondensmelk
250 ml room
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray & Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met 'n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat effens afkoel voordat dit uitgekeer word.
Laat die koek heeltemal koud word. Roer die karamelkondensmelk goed totdat daar nie meer klonte in is nie. Klits die room styf. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die een koek, en smeer egalig. Skep die helfte van die room bo-op die kondensmelk en smeer egalig. Plaas die tweede koek bo-op dit. Smeer die res van die kondensmelk bo-op die koek. Gebruik die orige room om roomrosies bo-op die koek te spuit. Frummel die Flake bo-oor die koek.
Verkoel die koek as dit nie dadelik geëet gaan word nie. Laat so 'n uur voor opdiening buite die yskas om net na kamertemperatuur terug te keer.29/6/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html 


JAFFA KOEK
2 middeslag lemoene
Ongeveer 65ml melk
450ml strooisuiker
125ml roomkaas
3 eiers
375ml koekmeel
75ml kakao
15ml bakpoeier
Knippie sout
75ml margarine/botter
Metode:
Stel oond op 180°C. Smeer ‘n koekpan van 20cm in deursnee en bedek die bodem met gesmeerde waspapier. Sny een van die lemoene met skil en al in 5mm skywe en verwyder die pitte. Bedek die skyfies aan weerskante met 65ml strooisuiker en rangskik op die boom van die koekpan. Rasper skil van ander lemoen fyn af en hou eenkant.
Druk sap uit (sowat 60ml) en vul met melk aan tot 125ml. Hou eenkant. Klits roomkaas, 125ml van die oorblywende strooisuiker en een van die eiers saam tot goed gemeng. Hou eenkant. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Klop botter en oorblywende 250ml strooisuiker tot romerig. Klop oorblywende twee eiers een vir een by. Voeg lemoenskil by en roer gesifte bestandele beurtelings met lemoensapmengsel by bottermengsel. Skep helfte van hierdie sjokoladedeeg op lemoenskyfies in pan. Hol deeg in die middle effens uit en gooi roomkaasmengsel daarin. Bedek met res van sjokladedeeg. Bak ‘n uur, keer dadelik op ‘n draadrakkie uit en laat afkoel. *Huisgenoot 1982*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

RYKSTE SJOLADEKOEK
Hierdie koek is donker en klam heerlik!
250ml kakao
500ml kookwater
4 ekstra groot eiers by kamertemperatuur
500ml strooisuiker
750ml koekmeel
20ml bakpoeier
Versiering:
100g donker sjokolade in blokkies gebreek
125ml room
Metode:
Klop kakao en kookwater saam tot glad. Hou eenkant om effens af te koel. Klop eiers en suiker goed tot lig en romerig. Sif meel en bakpoeier saam en roer saam met afgekoelde kakaomengsel by eiermengsel. Meng goed, maar liggies. Skep beslag in gesmeerde koekpan. Bak sowat 40-45min by 18°C of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.
Versiering: 

Smelt sjokolade en room by lae krag in die mikrogolfoond en roer tot sjokolade opgelos is. Laat effens afkoel om dikker te word. Draai koek om sodat die onderkant bo is en smeer sjokolade oor koek. Laat sjokolade dik word en rond verder af volgens jou keuse met kersies of vars blommetjies. Sit elke sny koek voor met ‘n skeppie geklopte room indien verkies. *Kuier gesellig*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

PIESANG KOEK
2k meelblom
1k suiker
1t bakpoeier
1t koeksoda
1t sout
125ml margarine
1/2k karringmelk of suurmelk
1k piesangmoes
1t vanilja
1/3k melk
1 eier
Metode:
Voeg al die best behalwe die piesang in mengbak. Klop 3min tot glad en sonder klonte. Vou piesangmoes in. Voer 2 panne met waspapier uit en smeer, gooi beslag in panne en bak 25-30min. in matige oond[160]. Haal uit en laat 3min afkoel gooi uit en laat deeglik afkoel. Vul en versier.
Stroop: 3/4 k suiker en 1k room
Versiersuiker: 100ml sagte botter, 700ml gesifte versiersuiker, 200g gladde Maaskaas, 2ml vanilja, 125ml gekapte okkerneute.
Gooi stroop oor en versier met Maaskaasvulsel.♥ Corne 1987♥ Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

GEMMERKOEK MET JOGURTVERSIERSEL
190ml olie
250ml bruinsuiker
4 eiers
125ml goue stroop
625ml koekmeel
5ml gemaalde gemmer
Knippie gemaalde kaneel
Knippie sout
7.5ml bakpoeier
2.5ml koeksoda
250ml karringmelk
100g pekanneute gekap
60ml klapper
5ml vanilla
60ml gepreserveerde gemmerstukke baie fyn gesny (oppsioneel)
VERSIERSEL
60ml sagte botter
750ml versiersuiker gesif
60ml bulgaarse jogurt
Gekapte neute vir versiering
Metode:
Stel die oond op 180°C. Kits die olie, suiker, eiers en goue stroop saam. Sif koekmeel, gemmer, kaneel, sout en bakpoeier saam. Roer koeksoda by karringmelk in. Roer karringmelk en meelmengsel om die beurt by die eiermengsel in. Roer neute, klapper, vanilla en stukkies gemmer by. Voer die bodem van twee ronde 23cm koekpanne en smeer beslag in. Bak vir 35min of tot toetspen skoon uitkom. Laat koeke eers bietjie afkoel in die panne voordat jy dit uitkeer.
VERSIERSEL
Klits bestandele vir versiersel saam tot lig en donsig. Versier koek (tussen die lae en bo-op) en rond af met gekapte neute indien verkies. *Vrouekeur*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html


PATAT EN KLAPPER KOEK
4 eiers geskei
250ml geelsuiker
375ml olie
375ml gaar patat fyn gerasper
125ml klapper
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
7.5ml fyn kaneel
Knippie sout
125ml klappermelk
5ml vanilla
VERSIERSEL
60ml sagte botter
750ml gesifde versiersuiker
125g geroomde maaskaas
Metode:
Stel die oond op 180°C. Klits die eiergele en suiker met bietjie olie tot liggeel. Voeg oorblywende olie by en klits tot gemeng. Roer patat en klapper by eiermengsel tot goed gemeng. Sif meel, bakpoeier, kaneel en sout saam en roer by eiermengsel. Voeg klappermelk en vanilla by en meng goed. Klits eierwitte styf en vou by belag in. Verdeel beslag in twee gesmeerde koekpanne wat met bakpapier uitgevoer is. Bak vir 35min of tot toetspen skoon uitkom. Keer uit op draadrakkie en laat afkoel. Trek bakpapier af.
Versiersel. Room botter tot liggeel en voeg versiersuiker bietjie-bietjies by tot gladde versiersel vorm. Voeg bietjie maaskaas by indien versiersel te styf is. Roer maaskaas by en smeer tussen en bo-op koeklae. Versier met gekapte neute of geroosterde klapper of soos verkies. *Vrouekeur 2008*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

MALIKE SPONSKOEK
2 kp koekmeel
125g margarine
1 teel vanilla
½ kp water
1 ½ kp suiker
4 teel bakpoeier geskraap
4 eiers
½ kp melk
Metode:
Klop eiers baie goed, voeg suiker geleidelik by. Kook melk en margarine en voeg die droe bstandele by. Voeg kookmelk by en klop baie goed. Voeg vanilla by en meng. Gooi in twee voorbereide panne van 23cm. Skud blasies uit en bak vir 20min by 180°C. Gebruik enige versiersel, *Daniel de Kock 2003*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

SJOKOLADE PLAATKOEK
750ml koekmeel
20ml bakpoeier
500ml suiker
5ml koeksoda
80ml kakao
Knippie sout
500ml kookwater
250ml kookolie
10ml vanilla
50ml wit asyn
VERSIERSEL
125g botter
375ml gesifte versiersuiker
15-30ml kakao
Paar druppels vanilla
Styf geklitste room
Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n oondpan met kleefwerende middel. Sif al die droë bestandele saam in die pan. Meng die res van die bestandele saam in ‘n beker en giet egalig oor die bestandele in die pan. Klits dit met ‘n vurk in die droë bestandele in. Maak gelyk en stamp effens om die meeste van die blasies te verwyder. Bak 20min lank of tot toetspen skoon uitkom. Laat in die pan afkoel.
Maak die versiersel.
Klits die botter tot lig romerig. Sif die versiersuik en kakao bietjie-bietjies by terwyl aanhoudend geklits word. Voeg die vanilla by. Smeer ‘n dunlagie versiersel oor die koek, skep die res van die versiersel in ‘n spuitsak met ‘n dun spuitpunt en versier die koek daarmee. Spuit vierkante op die koek en spuit ‘n roomrosie in elke vierkant. Vries orige versiersel of bere in die yskas. Sny in blokkies en dien op uit die pan. *Huisgenoot 1995*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

SJOKOLADE YSKAS KOEK
125ml gesmelte botter
30ml kakao
375ml versiersuiker
5ml vanilla
3ml kaneel
5ml kits koffie
1 eier geskei
1 pk marie beskuitjies
125ml styf geklopte room
Metode:
Smelt die botter in ‘n pan op die stoof, sif die versiersuiker en kakao saam en voeg by gesmelte botter. Klop die eiergeel liggies en voeg die vanilla, kaneel, koffie en eiergeel by die mengsel en meng goed. Klits die eierwit styf en vou by die sjokolademengsel in.
Smeer ‘n koekpan van 23cm wat redelik diep is en voer uit met bakpapier. Maak die mariebeskuitjies fyn. Sit ‘n laag van die beskuitjies onder in die pan en volg met ‘n laag van die sjokolade mengsel en ‘n lagie van die styfgeklopte room. Herhaal die lae tot alles op gebruik is en eindig met beskuitjies. Plaas in die yskas totdat dit gestol het (2-3 ure) Keer uit die pan en versier met styfgeklopte room of sjokolade versiersel en neute. *Huletts*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

MAKLIKE SJOKOLADE KOEK
Klits 4 eiers, voeg 

1 pak sjokolade koekmengsel by en 
1 pak vanilla kitspoeding (net so droog), 
¾ koppie olie en 
1 koppie water.
Klits alles goed saam, gooi in ’n gesmeerde Pyrex bak en bak vir 20 minute by 180 ºC. Versier net so in die bak. Ofm 9/11/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

LUIHUISVROUKOEK
125ml gesmelte margarine
2 ekstra groot eers
280ml koekmeel
100ml kakao
125ml melk
175ml strooisuker
Knippie sout
10ml bakpoeier
5ml vanilla
VERSIERSEL
200g wit sjokolade
Amandelvlokkies, gerooster
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 23cm ringpan met margarine. Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en roer 3min lank met ‘n lepel of klits 1 min met ‘n elektriese klitser. Giet in die voorbereide pan en bak ongeveer 25-30min of tot toetspen skoon uitkom. Laat die koek afkoel. Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolf op 70% krag, gooi oor die koek, sprinkel amandelvlokies bo-oor.
VARIASIE: Vir ‘n wit koek. Vermeerder die koekmeel na 375ml en laat die kakao weg. Versier dan met neutsjokolade. *Wenresepte 4*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

BÛCHE DE NOËL (ROLKOEK) MET AARBEIE
Tradisionele Franse nagereg wat uit die 1800’s dateer
4 ekstra groot eiers geskei
165ml stroosuiker
50ml koue water
200ml bruismeel
25ml kakaopoeier
2ml sout
250ml vars room
100g donkersjokolade
300g vars aarbeie gesny
Metode:
Klits die eiergele en voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl jy aanhoudend klits tot die mengsel lig en dik is. Klits dan die water by. Sif die droë bestandele en voeg dit by die eiergeelmengsel. Klits die eierwitte styf, maar nie droog nie. Vou dit versigtig met ‘n metaallepel by die eiergeelmengsel in. Voer ‘n rolkoek-pan met waspapier uit. Skep die mengsel in die pan en bak vir 20min by 180°C in ‘n voorverhitte oond.. Keer die koek uit op ‘n doek wat met strooisuiker bestrooi is. Trek die waspapier af en rol die koek op. Klits 125ml van die room styf. Rol die koek versigtig af, smeer die room daaroor, rangskik die aarbeie daarop en rol dit weer op. Verhit die oorblywende room tot dit begin prut en voeg die sjokolade by. Haal van die stoof af en meng tot daar geen klonte meer is nie. Laat die ganache tot kamertemperatuur afkoel en plaas dan in die yskas. Wanneer dit koud is, klop dit dik. Versier die rolkoek so met die ganache dat dit soos ‘n houtstomp lyk, sny en sit voor. *SA Tuin Paleis*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Mariana van Rooyen
AMARULA SJOKOLADEKOEK
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Metode:
1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 25 min. of tot toetspen skoon uitkom. (@180 *C)
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. .
2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
VERSIER:
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room
Flake-sjokolade
1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Francis Thiart
KLAM SJOKOLADE KOEK
250 ml meel
125 ml olie
250 ml suiker
62 ml kakao
10 ml BP
125 ml kookwater
2.5 ml sout
4 eiers geskei
Metode:
Maak holte in middel van eerste 2 bestanddele Voeg eerste olie, dan eiergele en kan kakao gemeng met kookwater by. Klits vinnig tot suiker gesmelt is. Klits eierwitte styf en voeg BP by. Klits tot droog. Vou in vorige mensel. Bak 40 min by 180C. Laat afkoel maar nie tot yskoud nie - nog effens lou wees.
Stroop:
1 blik (410g) Ideal melk
125 ml suiker
1 tot 1 1/2 groot blok sjokolade - Heelneut of opsioneel
Kook melk en suiker saam vir ongeveer 5 min. Gooi oor koek nadat koek goed met 'n vurk geprik is. smelt sjokolade saam met 'n bietjie melk en gooi ook oor koek. Heerlik!! 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Ilze se Heerlike klam sjokoladekoekhttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html
....dis my staatmaker resep ! koek bly vir dae lank klam!

Jy het nodig:

4 eiers
1 1/4k suiker
2 eetl fyn appelkooskonfyt
1/2t sout
1k kookwater
1/2k olie
1/2k kakao
2k koekmeel
3t bakpoeier

Klits eiers,suiker,appelkooskonfyt en sout goed saam tot romerig
Meng kakao,kookwater en olie saam
Sif koekmeel en bakpoeier by eiermengsel
Voeg kakao mengsel by
Klits alles saam
Giet in gesmeerde koekpanne
Bak 30-35min by 180'C

Versier met karamel tussenin en oudtydse botter kakao versielsel bo oor.

Bydrae : Ilze Holder 



Helena Kruger
RUM BABA
6 eggs
3/4 c. sugar
2 c. flour
1 c. raisins, optional
2 tbsp. baking powder
9 tbsp. melted butter
3/4 c. lukewarm milk
Method:
Beat eggs and sugar until very light. Add flour and baking powder that have been sifted and blended together. Add butter, milk (and raisins); beat until smooth. Grease and flour angel food cake pan. Bake for 30-35 minutes at 325 degrees.
SYRUP:
1/2 c. water
1/2 c. sugar
1/2 c. white rum or 1 tsp. rum extract!!!!17/12/10 ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Elsa Maria Dreyer
SWARTWOUD KOEK
Hier is My heerlik Swartwoud Koek resep!
1-3/4 Koppies suiker
2 koppies Kersie sap
1/2 koppie Appelsous (onversoet)
1/4 koppie canola olie
2 eiers
2 eetlepels appelasyn
3 teelepels vanilla ekstrak
3 koppies meel
1/3 koppie kakao
2 teelepels koeksoda
1 teelepel sout
1-1/2 koppie vetvrye melk
1 pakkie suiker vrye kits sjokolade poeding mengsel
1 blik Kersie pie vulsel
1-1/2 koppie styf geklopte room
Metode:
In n groot mengbak, klop die Kersie sap, suiker,appelsous, olie, eiers en vanilla tot romerig. Meng meel, kakoa, bakpoeier en sout saam. Meng dit stadig in die kersie mengsel tot goed gemeng.
Gooi mengsel in n gesmeerde koekpan. Ek gebruik ronde springform pan. Dit is makliker om die vulsels in te sit nadat die koek af gekoel het. Bak by 350° vir 35-40 minute. Toets met n tandestokkie om te sien of dit gaar is. As stokkie skoon uit kom is dit die ware Jakob. Laat heeltemal afkoel op n draad rakkie.
In n kleinerig mengbak, klits die melk en poeding vir 2 minute.Laat staan vir 2 minute tot dit sag gestol is. Smeer poeding bo op afgekoelde koek. Maak toe en plaas in Yskas vir 15 minute. Smeer nou met Pie Vulsel op en plaas terug in Yskas tot voor opdiening. Bedien met room en Vars ontpitte Kersies of as dit nie bekombaar is nie, sommer geblikte kersies.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

KAROO-DONUT'S SKUINSKOEK
2.5kg Koekmeel
10ml Sout
15 ml kitsgis
1l louwarm water
250g margarien
15ml anys
750ml suiker
Metode:
Sif die meel en die sout saam wyl die gis oplos in ‘n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by die gis, en so ook 6 koppies van die meel. Meng tot dit ‘n slap deeg is. Bedek en laat rys op ‘n warm plek – die deeg moet 2 keer in volume toegeneem het.
Vryf die botter met die vingerpunte in die res van die meel. Gooi die anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in.
Gooi louwarm water by as die deeg nie lekker sag en hanteerbaar is nie. Bedek en laat weer op ‘n warm plek rys tot 2 keer die volume.
Knie die deeg af, neem balletjies deeg, rol dit in worse en sny SKUINS stukke van so 5cm lank.
Braai dit in olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
Bere in lugdigte houers in die yskas as alles nie met die eerste sitting verorber word nie. Ek het al skuinskoek teegekom wat met klapper bestrooi is – of dit vir effek of vir ‘n doel is, is ek nie seker nie, maar dit bly lekker.Uit "Die Kleinkombuis" 21/2/11♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES
Ins Paarman se wortelkoek aangepas vir ‘n heerlike beetkoek
625ml koekmeel
10ml bakpoeier
7.5ml koeksoda
15ml gemengde speserye
5ml sout
375ml ligte bruinsuiker
300ml olie
4 eiers
Gerasperde skil van een lemoen
5ml vanilla
250ml granny smith appel gerasper
500ml rou beet gerasper
100g pekanneute of okkerneute gekap
60ml bosbessies
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n losboomkoekpan en voer die bodem met gesmeerde bakpapier uit. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout saam. Klits die suiker, olie, eiers, lemoenskil en vanilla saam totdat dit deeglik gemeng is. Voeg die res van die bestandele by en vou laastens die droe bestandele met ‘n groot metaallepel in. Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir sowat 45min of totdat die toetspen skoon uitkom. Laat de koek afkoel en keer dit uit. Versier met roomkaasversiersel of sit bloot versiersuiker bo-oor.
ROOMKAASVERSIERSEL
Maak ‘n basiese botterversiersel met botter en versiersuiker en voeg dan 250g roomkaas daarby. Klop tot glad. *Tuis Mrt 2011*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

SKUINSKOEK
Bestanddele:
5 Kg koekmeel
500 g Stork (bak) margarien
5 Koppies suiker
5 Teelepels sout
5 Pakkies kitssuurdeeg
35 g Anys
1 Kg "Wooden Spoon"
2 Bottels bakolie (om die skuinskoek in te braai)
Metode:
1. Smelt margarien
2. Los suiker en sout op in genoeg warm water om 'n redelik slapperige deeg te maak.
3. Meng kitssuurdeeg, anys en koekmeel.
4. Voeg die watermengsel by die droë bestanddele en knie baie goed. Die deeg moet maklik kan uitrol.
5. Voeg die gesmelte margarien by en knie weer baie goed.
6. Laat rys tot dubbel die hoeveelheid.
7. Rol die deeg uit tot omtrent 2 cm dik.
8. Sny in repe 4 cm breed, en sny blokkies van 5 cm. Elke blokkie is dus 4 x 5 x 2 cm.
9. Verhit olie-en-vetmengsel baie goed.
10. Braai tot ligbruin. Roer gedurig met 'n spaan om 'n egalige bruin kleur te verkry. "Die Kunstenaar"Marie Smith"21/2/11♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

BASIESE VANIELJEKOEKBESLAG MET 4 VARIASIES
120g (130ml) botter
110g (185ml) strooisuiker
7ml vanilla geursel
2 groot eiers
240g (440ml) koekmeel
10ml bakpoeier
125ml melk
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Klop die botter tot lig, voeg die strooisuiker bietjie-bietjie by en klop goed. Voeg die vanilla by en daarna die eiers een- een, klop goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout saam. Vou dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep in gesmeerde en gevoerde ronde koekpan van 22cm. (ring pan werk ook baie goed en versier pragtig) Bak vir 45min of tot die toetspen skoon uitkom. Laat vir 10min in die pan afkoel. Keer uit en laat verder afkoel op ‘n draadrakkie. Versier met botterversiersel of soos verlang.

VARIASIES
SJOKOLADEKOEK
Verminder die hoeveelheid koekmeel met 50ml, verhit die melk en voeg 50ml kakaopoeier en 10ml suiker by. Roer tot opgelos en laat afkoel, volg resep soos bo.

LEMOENKOEK
Verminder die hoeveelheid melk tot 65ml en voeg 60ml vars lemoensap by. Voeg 5ml gerasperde lemoenskil by. Volg resep soos bo.

SUURLEMOEN OF LEMMETJIEKOEK
Verminder die hoeveelheid melk tot 100ml en gebruik 25ml suurlemoen- of lemmetjie sap. Voeg 7ml gerasperde suurlemoen- of lemmetjie skil by. Volg resep soos bo.

KLAPPERKOEK
Voeg 100ml droë klapper by en verminder die hoeveelheid koekmeel met 50ml. Volg resep soos bo.

BOTTERVERSIERSEL.
Klop 225g (245ml) sagte botter en 460 (885ml) gesifte versiersuiker saam. Voeg 50-60ml melk bietjie-bietjie by tot die mengsel glad en smeerbaar is. Geur met 10ml vanilla geursel of 5ml gerasperde skil om te pas by die koek, of gebruik 400g (770g) versiersuiker en 60g (190ml) kakaopoeier vir sjokoladeversiersel. * IDEES FEB 2011*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html





PEER EN KLAPPER TEEKOEK
180g sagte botter
180ml strooisuiker
4 eiers ten kamertemperatuur
10ml vanillageursel
375ml bruismeel
160ml karring- of klapper melk
180ml klapper
2-3 ryp pere, pitte verwyder en in dun wiggies gesny
45ml kaneelsuiker
45ml louwarm heuning
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n losboomkoekpan van 23cm goed. Verroom die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir en by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanilla by en meng goed. Voeg die meel, melk en klapper by en meng baie goed. Skep die beslag in die pan en maak gelyk. Pak die peer halfmaantjies in ‘n mooi patroon bo-op die koek n druk dit liggies met jou vinger stewig vas in die beslag. Sprinkel die kaneelsuiker oor en bak vir 60min tot deurgaar. Haal die koek uit die oond en drup die heuning bo-oor. Laat afkoel tot louwarm en verwyder uit die pan. Die koek kan louwarm of teen kamertemeratuur voorgesit word. Geniet dit met geklopte room of net so. *Landbouweekblad*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html


Adéle Van Zyl Filmalter
MERINGUEKOEKLAE
200G (2 pakkies) haselneute
8 Eierwitte
250 ml (1 k) Strooisuiker
187 ml (3/4) Mielieblom (Mezina)
knypie sout
VERSIERSEL
100 g donker sjokolade
30 ml botter
30 ml melk
250 ml room
2,5 ml vanielje
Vars vrugte soos aarbeie, appelliefies
METODE:
Stel oond op 180ºC
Kap neute fyn
Klits eierwitte styf en klits suiker by tot goed gemeng
Meng gekapte neute, mezina, en sout saam
Meng neutmengsel by eierwit mengsel
Voer koekpanne met mengsel
Maak gelyk bo-op en bak 30 minute
Laat koeke goed afkoel
VERSIERSEL
Smelt sjokolade, botter en melk saam
Laat bietjie afkoel en smeer versigtig oor elke koeklaag
Klits room saam met vanielje styf
Smeer oor koeklae en rond af met vars vrugte
Klits eiers, room en sout saam en giet oor kors -Adele

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html




VANIELJE SPONSKOEK MET KAASKOEK-VULSEL
Vir die deeg:
280g bruismeel
125g botter
210g strooisuiker
4 groot eiers geskei
5ml vanilla
1ml sout
125ml suurroom
80ml water
5ml kremetart
Vir die kaasvulsel:
250g roomkaas
55g strooisuiker
15ml fyn gerasperde suurlemoenskil
60ml suurlemoensap
5ml karamelessens
60ml koekdeeg
Versiersuiker om bo-oor te strooi
Metode:
Voorverhit die ood tot 180°C. Smeer en voer ‘n ronde koekpannetjie uit. Klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiergele by en klits tot lig en donsig. Voeg die vanilla by. Sif die bruismeel en sout saam en voeg die suurroom en water om die beurt by. Klits die eierwitte saam met die kremetart tot stywe punte vorm. Gebruik ‘n groot metal lepel en vou die eierwitte by die deegmengsel in. Hou eenkant.
Om die kaasvulsel te maak, klits die roomkaas, strooisuiker, suurlemoenskil, karamelessens en suurlemoensap saam tot alles goed gemeng het Voeg 60ml van die deegmengsel by en meng dit by die ander bestandele. Skep die helfte van die oorblywende deegmengsel in die voorbereide koekpannetjie. Maak die mengsel bo-op gelyk met ‘n lepel. Skep daarna al die roomkaasvulsel bo-oor en deegmengsel. Maak seker dat daar 1cm oop is voor die rand.(Moenie tot teen die kante smeer nie) Maak gelyk bo-op. Skep die res van die deegmengsel eweredig oor die kaasmengsel. Kap die koekpannetjie ‘n paar keer op die werksoppervlak om van die lugborrels ontslae te raak. Bak vir 40-45 min. Laat die koek in die pannetjie afkoel vir 10 min. Keer die koek op ‘n afkoelrak uit. Strooi versiersuiker bo-oor voor opdiening. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html


Carin Ras Wilson
PIESANG KRUMMEL POST TOASTIES KOEK
NG KERK GROOT-BRAKRIVIER resepteboek
2 k meelblom
2 eiers (geklits)
1 k suiker
2 t bakpoeier
4 piesangs
¼ pd botter
1 klein teel koeksoda gemeng in 4 eetl melk
1 t vanilla
Metode:
Klop botter, suiker en eiers baie goed met die hand. Sif meelblom en bakpoeier by die mengsel, dan fyngedrukte piesangs, wat gemeng is met die orige bestanddele. Sit in tuitpan en meng die volgende bestanddele en plaas bo-op die rou deeg:
1 k fyngemaakte post toasties
1 e botter
¼ k suiker
¼ k grondboontjie neute
1 t kaneel
Bak in matige oond.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Carin Ras Wilson
DUBBELE KLAPPERKOEK
NG KERK GROOT-BRAKRIVIER resepteboek
Onderste laag:
¼ lb botter
1 k meelblom
½ k melk
Knippie sout
½ k suiker
1 t bakpoeier
2 eiers
Metode:
Room botter en suiker, voeg geel van eiers by. Meng droë bestanddele en voeg melk by. Klop goed.
Boonste laag:
Klits wit van 2 eiers styf. Voeg ½ k suiker en 1 k klapper by. Sit onderste laag in en dan boonste laag liggies bo-oor. Bak 45 min.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Adéle Van Zyl Filmalter Nigella se
MOUSSE-SJOKOLADE KOEK
300 g goeie bittersjokolade (ek gebruik Lindt se 70% of 85%)
50 g melksjokolade (ek gebruik Lindt Excellence Extra Creamy)
175 g ongesoute botter
8 groot eiers, geskei
100 g ligte bruinsuiker
100 g strooisuiker
1 eetlepel vanielje-ekstrak (NIE essens NIE)
‘n knippie sout
‘n 23 cm losboom-koekpan
Swaar foelie

Metode:
Voorverhit die oond tot 180˚C. Kook water in ‘n ketel. Voer die binnekant van die koekpan met die foelie uit. Sorg dat jy elke kreukeltjie uitstryk, op die bodem en langs die kante sodat die oppervlak net so glad is soos ‘n pan self. Smelt die botter en die sjokolade saam in ‘n dubbelkastrol (Ek kook eers ‘n bietjie water in die ketel en gooi dit dan onderin die kastrolletjie wat ek op die laagste hitte op die stoofplaat sit voor dat ek die sjokolade en botter in die boonste kastrolletjie sit. Die watervlak mag nie aan die boom van die booste kastrolletjie raak nie. As jy dit so doen, sorg dit vir ‘n egalige, stadige hitte en die sjokolademengsel smelt tot ‘n gladde mengsel.) Hou eenkant en laat afkoel. Klits die eiergele en suikers in ‘n ander mengbak tot baie dik en liggeel totdat dit soos romerige mayonnaise lyk. Die mengsel moet in linte val wanneer jy die klitser lig. Roer die vanielje-ekstrak en sout by en dan die afgekoelde sjokolademengsel. Klits die eiwitte in ‘n groterige mengbak totdat dit sagte puntjies vorm. Vou eers ‘n bietjie van die eiwitte by die sjokolademengsel in voordat jy die res invou. Skep die mengsel in die gevoerde koekpan. Plaas die pan in ‘n groterige roosterpan. Gooi kookwater in die roosterpan rondom die koekpan totdat dit ongeveer 2½ cm hoog teen die kante van die koekpan raak en sit dit versigtig in die oond. Bak vir ongeveer 50 minute tot ‘n uur. Die binnekant van die koek sal heerlik klam en mousse-erig wees. Maar die bokant moet gebak en gaar lyk. Laat dit heeltemal afkoel op ‘n koekrak voordat jy dit uit die koekpan losmaak. Nou moet jy baie geduld hê om die foelie versigtig van die kante van die koek los te maak. Moenie eens probeer om die foelie aan die onderkant van die koek te verwyder nie – die koek is te klam daarvoor, maar dis maklik genoeg om af te trek as dit eers op die bord is. Besprinkel liggies met ‘n bietjie versiersuiker en bedien met room en vars frambose of aarbeie. Ek klits die room styf en voeg ‘n paar druppels amandel-ekstrak (moenie die goedkoop kunsmatige een gebruik nie!) by. Dis ‘n ongelooflike kombinasie! Die koek is genoeg vir 6 – 8 mense, selfs meer – dis baie, baie ryk!:-)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Adéle Van Zyl Filmalter
SJOKOLADEMOUSSE-MERINGUE KOEK
Die sjokoladeweergawe is onweerstaanbaar, maar die resep kan ewe maklik aangepas word om ʼn suurlemoenmeringuekoek te maak".
4 eiers, geskei
300 g plus 1t strooisuiker
125 g baie sagte botter
100 g gewone meel
25 g mielieblom
1 t bakpoeier
½ t koeksoda
1 e kakaopoeier
3 e melk
½ t kremetart
150 g goeie gehalte sjokolademousse**
150 ml dubbel- of kloproom, dik geklop
Metode:
Verhit die oond by 200˚C. Voer twee 21 cm-koekpanne uit en smeer met botter. Meng die eiergele, 100 g van die suiker, botter, meel, mielieblom, bakpoeier, koeksoda en kakao in ʼn voedselverwerker. Voeg die melk by en meng weer. Smeer dit op die bodems van die twee koekpanne.
Klop die eierwitte en koeksoda totdat dit punte vorm en klop die 200 g suiker stadig by. Smeer die meringue bo-op die koekbeslag en vorm punte op een van die twee. Besprinkel die een met die punte met 1 teelepel strooisuiker en bak albei 20 – 25 minute. Haal uit en laat die koek in die panne afkoel.
Haal uit die panne en plaas die een met die plat bokant, meringue-kant na onder op ʼn koekstaander. Smeer met die sjokolademousse. As die mousse nie lekker ferm is nie, sit die koek ʼn paar uur in die yskas. Smeer nou die room op. Plaas die tweede koek, meringue-kant na bo, bo-op die room. As jy ʼn hoër koek wil maak, verdubbel alles en pak dit laag vir laag.

*Suurlemoenmeringue-koek
Vervang die 3 e melk in die resep met 4 t suurlemoensap en 2 t melk, die kakao met die skil van 1 suurlemoen en die sjokolademousse met 150 g goeie suurlemoensmeer.

**Sjokolade mousse
Plaas 300g goeie gehalte donkersjokolade (of wit) in ʼn bak oor ʼn pot pruttende water. Voeg 30 g botter by en roer totdat dit gesmelt is. Haal van die hitte af en laat ʼn paar minute afkoel. Klop twee eiers liggies en voeg die sjokolade saam met 3 e Amaretto (opsioneel) by. Klop 4 eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg 4 e strooisuiker geleidelik by. Klop een derde hiervan by die sjokolademengsel tot lekker los en voeg die res versigtig in. Klop 500 ml room by en vou versigtig in. Smeer oor die koek en laat 4 ure in die yskas om te set.:-)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Adéle Van Zyl Filmalter
SJOKOLADE MOUSSE-ROLKOEK
Vulsel
200 g (2 plakke) donker sjokolade, gekap
250 ml (1 k) room
3 eiers
80 ml (1/3 k) strooisuiker
2 ml (½ t) bakpoeier
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) kakao
Knippie sout
Kakao en versiersuiker om oor te sif

Metode:
1. Maak eerste die vulsel: Smelt die sjokolade en room saam tot glad. Verkoel tot koud.
2. Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n gesmeerde rolkoekpan met bakpapier uit (sodat dit teen die kante van die pan opstaan). Spuit liggies met kleefwerende kossproei.
3. Skei twee van die eiers. Klits die eiergele, die heel eier en strooisuiker goed saam tot liggeel en dik.
4. Sif die bakpoeier, meel, kakao en sout oor en vou versigtig met ’n metaallepel in.
5. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou ook in.
6. Giet in die pan, smeer liggies gelyk en bak vir 10 minute tot gaar. (Toets deur liggies met jou vinger op die koek te druk. As dit terugspring, is dit gaar.)
7. Sif ’n bietjie kakao en versiersuiker op ’n klam vadoek en keer die koek daarop om. Trek die bakpapier af en rol die koek in die vadoek op. Laat só afkoel.
8. Haal die sjokolademengsel uit die ys¬kas en klits tot lig en donsig. Rol die koek oop, smeer die mousse op en rol weer op. Sif nóg versiersuiker en kakao oor.
Genoeg vir 8-10 mense:-)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Adéle Van Zyl Filmater
KORTPAD-SJOKOLADE MOUSSE KOEK
Moussekoeke lyk altyd so elegant en gesofistikeerd. En ook asof die man op straat dit nie sal kan bemeester nie. Jy het egter met dié kortpadkoek net een vaardigheid nodig: jy moet kan lees.
1 winkelsponskoek
1 pakkie aanmaak-sjokolademousse
Metode:
Maak die mousse volgens die pakkie se aanwysings aan.
Sny die koek in drie lae. As jy vernuftig met ‘n mes is, kan jy dit ook in vier sny.
Plaas dan die onderste laag op ‘n opdienbord en bedek met een helfte of een derde van die moussemengsel. Voltooi met die res van die koek en mousse, maar eindig met koek.
Plaas in die yskas vir een uur.
Vir die sjokoladeganache
100 ml room
100 g sjokolade
As die koek so halfuur in die yskas was, kan jy met die ganache begin.
Verhit die room in ‘n klein kastrol tot net voor kookpunt. Breek die sjokolade in blokkies en gooi dit by die warm room. Roer aanhoudend totdat dit egalig gesmelt is.
Plaas dan in die yskas vir ten minste ‘n halfuur om te begin styf word.
Wanneer die koek se uur verstreke is gooi die ganache oor en laat dit teen die kante afloop.
Plaas terug in die yskas as jy nog kan uithou!
* Wenk: Jy kan te heerlik met die gekoopte koek en mousse rondspeel. Koffiemousse in sjokoladekoek is heerlik, en net so is aarbeimousse in ‘n witkoek met skyfies aarbeie perfekte pasmaats.:-)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Helena Kruger
PIESANG WORTELKOEK
250 ml suiker
250 ml sonneblomolie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute
Metode:
Verhit oond tot 180ºC. Klits suiker, olie + eiers goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda saam en meng met suikermengsel. Voeg piesangmoes, wortels en neute by en meng liggies. Skep in panne en maak gelyk. Bak 25 35 minute in laagkoekpanne of 45 55 minute in vierkantige pan. Keer versigtig uit. Vul en versier met roomkaasversiering. Hou koek in koelkas. Koek vries baie goed 19/4/11 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

Frieda Greyling

Rooibostee-Sjokoladekoek


1. 250ml warm rooibostee .2. 125ml kakao
3. 4 eiers, geskei
4. 375ml suiker
5. 125 ml olie
6. 5ml vanilla
7. 450ml koekmeel
8. 15ml bakpoeier
9. 2ml sout


METODE:
meng 1+ 2 tot glad en laat afkoel. Klits gele en suiker goed. Roer dit by kakao mengsel. Roer 5 en 6 ook by kakao mengsel. Sif 7,8 en 9 en meng by kakao mengsel. Klits eierwitte styf en voeg by, meng goed. Verdeel in 2 panne. Bak 30 min by 180 grade. Dis n groot koek.
VERSIERSEL:

halwe pakkie sjokoladekitspoeding. 
1 blik karamelkondensmelk. 
250 ml room. 
Klits saam en laat n ruk in yskas. Smeer tussen lae en bo-op koek. Sif bietjie kakao oor . Hou die koek in die yskas.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

HELENE KLUGE

VOLKORING-PAMPOENKOEK


Klop 120g botter en 150g bruin suiker to lig en romerig en klop 2 eiers, een vir een by; 

voeg 250ml koue pampoenmoes, 
25ml heuning en 
50g elk rosyne, droë, gekapte appelkose, droë, gekapte appels, pruimedante en sultanas by. 
Laastens word 250ml volkoringmeel, 5 ml bakpoeier en 105g bruismeel - alles baie goed gemeng - bygevoeg. Skep in gemeerde, gevoerde ringkoekpan en bak in voorverhitte oond van 160 ° C vir 1¼ uur of tot gaar. 
Versier na smaak - roomkaasvulsels is my gunsteling. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/groot-koeke-verskillendes.html

1 comment:

  1. Ek gaan die maklike resepte probeer baie dankie vir die hulp.Ek het ni koek resepte ni so ek het so paar resepte geneem.

    ReplyDelete