Saturday, 28 September 2013

PIEKEL UITJIES


UIE-PIEKELS

125ml growwe sout
1 liter water
1,5kg piekeluitjies
 kookwater
750m bruin asyn
45ml suiker
5ml sout 
10ml peperkorrels
 2 rooi brandrissies, gehalveer en pitte verwyder
60ml water. 

METODE:
 Los sout in water op en laat ongeskilde uie 24 uur in soutwater staan.
 Plaas 'n bord bo-op om uie onder water te hou.
Dreineer uie, plaas in 'n groot bak en bedek met kookwater.
 Laat 5 min. staan. Dreineer.
Sny bo- en onderkant van uie af en verwyder skille.
 Plaas in gesteriliseerde flesse.saam met jou chillies
Kook asyn, suiker, sout, peperkorrels en water en gooi oor jou styfgepakte uitjies in jou bottels.
Maak bottels droog en verseel dadelik.
Helena Kruger"28/9/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/piekel-uitjies.html