Wednesday, 4 September 2013

GROOTMAAT AARTAPPELSLAAI





AARTAPELSLAAI VIR 50 MENSE

Gabri Viljoen
As daar ook ander slaaie is, sal ek 40 aartappels gebruik, anders as dit enigste slaai is, 50.
Meng met 1 liter mayonnaise,
1 blik kondensmelk,
2 teelepels mostert en
3 gerasperde uie.
Gooi genoeg sout in wanneer jy aartappels kook.
Sout en peper na smaak oor gaar aartappels.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/grootmaat-aartappelslaai.html


AARTAPPELSLAAI VIR 900 MENSE

(Enigste slaai met broodrolletjie by 'n braai)

16 x 10kg sakke aartappels;
18 liter mayonaise;
18 blikke kondensmelk;
36tl Franse mostert en
genoeg sout en peper.

Kook aartappels in genoeg sout. Proe daaraan as dit afgeskil is en gooi dit oor nadat jy die aartappels in blokkies opgesny het.
Ek sou 'n sak op 'n keer gemaak het en die proses 16 keer herhaal het. Jy kan hardgekookte eier rasper oor die bakkies wat klaar ingeskep is of net pietersielie oorstrooi. As jy 16 groot bakke maak, dan moet jy 56 mense uit 1 bak skep. Tel die skeppies uit die eerste bak, dan sal jy vining kan sien of jy te min of te veel skep. Jy sal vining 'n maat ontwikkel van hoeveel om te skep dat daar genoeg is vir almal.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/grootmaat-aartappelslaai.html

No comments:

Post a Comment