Saturday 21 September 2013

HOENDER SOSATIES

HOENDER SOSATIES            

500g -hoenderkebabs
sout na smaak
12 droë appelkose, in sjerrie geweek vir 15 min
5 appelringe, in kwarte gesny
8 spekvleisrepies
1 groot groen soetrissie
1 groot ui
8-12 sampioene

Marinade:
150 ml kookolie
20ml aangemaakte mosterd
20ml Worcestersous
10ml Tobascosous
15ml sojasous
50ml brandewyn
10ml fyn klapper
10ml suurlemoensap
3ml suurlemoenpeper

Metode:
Klits al die bestanddele vir die marinade saam in ‘n glas of erdehouer.

Week die appelkose en appelringe vir ‘n uur in net genoeg vloeistof om te bedek. Dreineer. Sny elke stukkie spek in die helfte en rol die kebabs daarmee toe. Sny ui in kwarte en breek in stukke. Verwyder die sampioene se stingels en gooi kookwater oor - dit sal die sampioene sag maak. Halveer die lourierblare en doop in kokende water tot sag.

Ryg voorbereide bestanddele op sosatiestokkies en marineer vir 18-24 uur in koelkas. Dreineer en rooster oor matige kole tot vleis gaar is en spekrepies bros. Bedrup met marinade terwyl gebraai word.
JPETRO

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/hoender-sosaties.html

No comments:

Post a Comment