Wednesday 18 September 2013

KORTPAD SEEKOS PAELLA


KORTPAD SEEKOS PAELLA

Helena se Kortpad

Kook rys met bietjie borrie in en laat rus as gaar [2-3k rou]
Marineer jou Seekos in n bietjie Italiaanse Slaaisous en 1t gekapte knoffel vir 30min.
Maak 500ml hoenderaftreksel met 125ml Sweet-chillie sous aan en laat rus
1K Gevriesde ertjies
Sout en Peper en n bietjie Visspeserye
1 Pak half skulp Mossels
10 Grabsticks
5 Calamarie Tubes in ringetjies gesny[of 4 Calamarie steaks in repe gesny]
12 Lekker groot Tiger Prawns
2 uie gesny
groen en rooi soetrissie in repies gesny
1k Sampioene gesny
3 Hoenderborsies in repies gesny en gebraai in bietjie botter
Braai uie en sampioene en soetrissies halfgaar in botter
Nou Braai jy elk van jou seekosse apart in n pan vinnig en skep uit [ nie te lank nie asb]
Gooi alles by jou uiemengsel
Voeg jou gekookte rys by asook jou ertjies
Voeg jou aftreksel by en meng goed nie te veel nie
Deurwarm en geniet dit[ proe maar vir jou sout en swartpeper]
N.S As jou rys gaar is en jou seekosse gemarineer is neem dit nie eers 10min. nie dan kan jy eet!! Helena Kruger. Porsies 8-10*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/kortpad-seekos-paella.html

No comments:

Post a Comment