Wednesday 25 September 2013

OONDGEROOSTERDE BLOMKOOLSLAAI



OONGEROOSTERDE BLOMKOOLSLAAI
1Kop Blomkool in blommetjies gebreek
1t Gekapte Knoffel
1t gerasperde Lemongrass
sout en swartpeper
½ k Olyfolie
1Suurlemoen se sap
Roket
Kersietamaties
Meng ¼ k Olyfolie met die knoffel en die lemongrass, sout en peper
Meng dit nou met jou Blomkool blommetjies en pak in n bakskottel en rooster dit by 200*C Vir so 10-15min. dit moet nog krakerig en bros wees nie pap nie.
Roer dit in die helfte van die tyd sodat dit alkant kan rooster
Maak met die orige olyfolie nog n bietjie sousie en met die suurlemoensap Proe maar of die sout genoeg is en Gooi dit oor die warm Blomkool blommetjies
Laat dit afkoel en plaas in die yskas voor bediening
Met bediening voeg jou Roket blare en jou Kersie tamaties by en roer deurmekaar *Heerlik veral met as jy extra sousie maak en dit saam bedien..Helena Kruger> Jy kan nou Feta kaas oorstrooi en gekapte rooi ui net so lekker by**24/9/13*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/oondgeroosterde-blomkoolslaai.html

No comments:

Post a Comment