Monday 2 September 2013

SUURLEMOENVLATERT




Hallo almal.
Is daar enigiemand wat my moontlik kan help met 'n resep vir hierdei lekker "suurlemoen skywe" ek plaas die foto. Mens hou dit in die yskas. Dit lyk soos 'n laag tennis koekies onder...dan die lekker effe suur vulsel met klapper ook in....dan weer 'n laag tennis koekies bo-oor, met 'n lagie water versiersel bo-oor. Ek wil soo graag weet wat in die middel is...dit het 'n ligtegeel kleur. Baie dankie   







Nicolene Jacobs Tullues 

Yskas tert:
Sit 'n lagie Tennis beskuitjies in 'n vierkantige (reghoekige) glasbak. Gooi 'n lagie selfgemaakte (koue) vla oor die koekkies. Pak weer 'n lagie beskuitjies. Meng 1 blik kondensmelk met suurlemoensap tot jy die soet suur smaak kry wat jy van hou. Gooi mengsel oor beskuitjies. Pak weer 'n lagie beskuitjies. Gooi ander helfte van die vla bo-oor. Maak Tennis beskuitjies fyn en strooi oor vla. Sit in yskas tot koud. Sny skywe en bedien. (Ek het nie mates nie. Ek maak sommer net soveel vla sodat ek genoeg het vir 2 lae. Beskuitjies is gewoonlik 2 en 'n half na 3 pakkies).Die lagie water versiersel sal nie werk met die resep nie.


Anna Hattingh Dink dis die resep waarna jy soek: 
YSKASVIERKANTJIES

1 blik gekondenseerde melk
500 ml klapper
125 ml suurlemoensap
125 gram sagte margarien
2 pakke tennisbeskuitjies
Pak laag beskuitjies in vlak pan.
Klits al die bestanddele saam.en gooi die mengsel bo-oor die beskuitjielaag en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-oor,
Smeer versiersel bo-oor:
675 ml versiersuiker
37,5 ml kookwater
30 ml suurlemoensap
Bêre in yskas tot gestol en sny in blokkies


SUURLEMOENVLATERT
Marie Schoeman Hello!! Ek plaas gou die suurlemoenvlatert se resep.... Indien dit dalk hy is.... Dit is n baie lekker resep! Baie vinnig om te maak!
Maak vla met:
4 Eetl vlapoeier
4 Eetl suiker
3 kop melk
Knippie sout.
1 blik kondensmelk
1/3 kop suurlemoensap

Kook in die mikrogolf +- 5 min en roer elke minuut. Ek voeg ook 5 ml vanilla essence in.

Pak tennisbeskuitjies in pan. Gooi gaar vla bo-oor. Pak nog n laag koekies.
Meng kondensmelk en suurlemoensap tot dik, en gooi als bo-oor die laaste laag koekies. Krummel so twee koekies bo-oor. Dit is heerlik! Baie vinnig en flatervry! Enjoy!

No comments:

Post a Comment