Thursday 19 September 2013

VERDUBBEL BOTTER



OM BOTTER TE VERDUBBEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/verdubbel-botter.html
500ml Melk

250g Botter
5ml Sout
15ml Gelatien
60ml Warm Water

Hierdie bietjie botter wat nou baie is, kan nie vir bakdoeleindes gebruik word nie. Bewaar in die yskas.
Verhit 500ml melk tot kookpunt. Haal dit van die stoof af en voeg 250g botter wat in stukkies opgesny is en 5ml sout by. Roer die mengsel totdat die botter gesmelt het en laat afkoel. Los 15ml gelatien in 60ml warm water op. Voeg dit by die afgekoelde bottermengsel en klop dit baie goed tot lig en glad. Sit in geskikte bakkies en gebruik.
*Lekker vir later*



LEKKER SAGTE MARGARIEN.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/verdubbel-botter.html

Kan gebruik word vir jaffels.

Neen 500g margarien,
1 koppie koue water,
1 koppie olie
1 teelepel sout.
Laat die margarien sag word (nie in die son of mikrogolf nie) As dit sag genoeg is voeg die bestandele by en klits goed met elektriese klitser.
Jy sal 1kg. margarien kry. Dit kan net nie vir koekbak gebruik word nie. Dit is altyd sag om te smeer. 

No comments:

Post a Comment