Thursday 24 October 2013

HELENA SE PAPTERT





HELENA SE PAPTERT
Paptert begin...
1.Smeer bakskottel met botter
2.Lekker stywe pap
3.Botter
4.Heelpitmielies

Topping
Braai 2 uie mooi glaserig in pan
Gooi 1 blikkie Mild en spicy Chakalaka by en 1 blikkie tamatie, uie en greenpeper casserol by
2k sampioene
sout en peper
1/2k Sweet Chilli sous
Prut vir net so 3min.haal af van stoofplaat
Gooi sous oor pap in bakskottel
Gooi so 2k kaas of meer oor
Stip met lekker botter en tamties bo op en n bietjie pietersielie Reguit oond toe
Bak vir so 15-20min. tot geset.
En daar het julle n baie lekker PAPTERT!!binne n halfuur!!! Helena...van Lekker resepte vir die Jongergeslag 05/02/2010*  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/helena-se-paptert.html


 






HEERLIKE PAPTERT
Die tert verskil van die gewone paptert wat almal ken, maar ek maak die laaste tyd net die een. Die jogurt maak dit vreeslik lekker.
Gaar pap
Uie
Sampioene
Groenrissie
Spek
2 pakkies potato bake
2 glasies bulgaarse of griekse jogurt
1 blikkie pitmielies
Cheddar kaas
1. Braai uie, spek, sampioene en groenrissie in bietjie olie.
2. Meng die potato bake en jogurt.
3. Smeer laag pap in 'n tertbak.
4. Smeer jogurtmengsel oor.
5. Skep gebraaide mengsel oor, asook pitmielies.
6. Strooi gerasperde kaas oor.
7. Herhaal al die lae.
8. Bak in oond teen 180 grade tot kaas gesmelt is.
* Lina Van Niekerk Fourie* Lekker Resepte vir die Jongergeslag> 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/helena-se-paptert.html

No comments:

Post a Comment