Wednesday 30 October 2013

KERRIEBEKER



KERRIEBEKER                                          


Kerriemaalvleis:
2 e olie
1 ui, fun gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
3 takkies tiemie
1 e fynkoljander
1 t fyn komyn
I lourierblaar
2 e kerriepoeier
1 e tamatiepasta
500 g maalvleis
1 blikkie (410g) heel tamaties
2 t suiker
sout en gemaalde swartpeper
handvol vars koljanderblare
 
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie, knoffel en tiemie tot sag en goudbruin.
Voeg die koljander, komyn, lourierblaar, kerriepoeier en tamatiepasta by en braai vir ‘n minuut of twee.
Roer die maalvleis by en braai vir 5-6 minute.
Voeg die blikkie tamaties en die suiker by, geur met sout en gemaalde swartpeper en prut vir 10-12 minute.
Roer die varskoljanderblare by.
Skep‘n beker of oondvaste houer 2/3 vol met die kerriemaalvleis.
Breek ‘n eier bo-op en bak vir 8-10 minute teen 180°C.
Bedien warm met roosterbroodvingers.
Program: Brêkfis met Derrich
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/kerribeker.html


No comments:

Post a Comment