Thursday 31 October 2013

VAKANSIE SLAAI



                                                                                       
VAKANSIESLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/vakansie-slaai.html
‘n Heerlike slaai wat vooraf gemaak kan word en tot n week lank in die yskas goed sal bly. Dis n heerlike bykos by braaivleis, maar ook voortreflik saam met boerewors, ham en gepekelde vleise, skryf Deona Tait van Garsfontein. Sit dit koud of warm voor.

BESTANDDELE:
1 blik perskeskywe
1 blik pynappelskywe, gedreineer
1 blik gebakte bone in tamatiesous
1 fles piekeluitjies
(BLIKKE EN FLES 410G ELK)
15 ml suiker
15 ml kerriepoeier
15 ml mielieblom
(15 ML = 1 EETLEPEL)
50 ml (1/5k) appelkooskonfyt
Paar druppels Tabascosous
METODE:
Sny die perskeskywe in stukkies en skep saam met die pynappelstukke en boontjies in ‘n mengbak. Sny die piekeluitjies in kwarte en voeg by.
Meng die perskesap en vloeistof van die piekeluitjies saam in n klein kastrol.
Voeg die suiker, appelkooskonfyt en kerriepoeier by en meng deur. Verhit tot kookpunt en prut n paar minute lank. Maak die mielieblom aan met n bietjie water en voeg by. Prut tot die sous effens verdik en geur met n bietjie tabascosous. Giet oor die slaai in die bak en verkoel tot benodig.
Genoeg vir 6 mense. *Huisgenoot Wenresepte.*Helena Kruger*    Foto>Helena Kruger. 

No comments:

Post a Comment