Tuesday 29 October 2013

ROOI KOEKSTRUIF

ROOI KOEKSTRUIF
 [DINK DIS 'N DIE NATHANIëL TAFEL RESEP]
JY BENODIG:
250g Mascarponekaas
2 Eiers, geskei
2 e Strooisuiker
1 e Brandewyn
400g Pitlose rooidruiwe
250g Vars, gemengde rooi bessies
2 e Soetwyn
2 koppies Vanieljevla (gebruik ’n vla wat met eiers gemaak is en nie te soet is nie)
1 koppie Amaretti-koekies, grofweg gebreek
½ koppie Okkerneute, grofweg gebreek
METODE:
Klop die mascarponekaas en die eiergele saam tot glad.
Klop die brandewyn daarby.
 Klits die eierwitte styf en vou in die mascarponekaasmengsel.
Bedek en verkoel (die mascarponeroom is lieflik as dit ’n dag vooraf berei word).
 Was die vrugte en druk droog met handdoekpapier.
 Pak in ’n groot glasbak.
Besprinkel met soetwyn.
Giet die vla daaroor.
 Bestrooi met koekies en neute.
 Skep die mascarponemengsel bo-oor.
Dien dadelik op.*
Berie Vd Velden Smith*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/rooi-koekstuif.html

No comments:

Post a Comment