Thursday 7 November 2013

GRANAATSTROOP



GRANAATSTROOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/11/granaatstroop.html

Lewer ± 1 liter
4,5 kg rooiryp granate (± 1 liter sap)
1 kg suiker
MAAK DAN SO:
1. Sny die granate horisontaal deur en druk die sap met ‘n lemoendrukker uit.
2. Syg dit deur 2 lae moeseliendoek. Anders as met die maak van jellie, kan die doek wel gedruk word om soveel moontlik sap uit te pers.
3. Verhit die sap en suiker oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is.
4. Kook vir 12 minute en skep alle skuim wat vorm af.
5. Giet dit in gesteriliseerde bottels, laat heeltemal afkoel en verseël.
6. Verdun dit met water of sodawater wanneer dit voorgesit word.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment