Thursday 7 November 2013

SOET SUUR LEWER


SOET-SUUR LEWER
*Helena se eie resep*
500g lewer, voorberei (gewas en vel af getrek) en in skywe gesny
1 groot ui in ringe gesny
Sout en peper na smaak
30ml asyn (2 eetl)
30ml suiker (6 teel)
125ml water (1/2 kp) miskien bietjie meer*
¼ k Sweet Chilli sous
2e Worsectersous
1t Maziena
Braai uie in botter of margarine skep uit
Gooi meelblom in ‘n plastieksakkie, voeg die sout en peper by die meel.
Gooi die skywe lewer in die meelmengsel, skud die sakkie goed sodat al die lewer met die meel bedek is.
Braai lewer in dieselfde pan liggies aan alkante skep uit
Voeg water, asyn, suiker en sweet-chillie sous, worsectersous by en kook vir 5min
Maak Maziena aan met bietjie water en roer by
Voeg nou jou klaar gebraaide lewer by en prut vir so 5-8min.
.n.s> as die sousie te min lyk voeg nog bietjie water by
Bedien met lekker Kapokaartappels of Rys *Helena Kruger*6/11/13*Lekker Resepte vir die Jongrgeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/soet-suur-lewer.html

No comments:

Post a Comment