Friday 8 November 2013

HAMBURGER PATTIES





HAMBURGER PATTIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/hamburger-patties.html

Wilfred van der Merwe
As jy na my pitiete lyfie kyk sal jy sien ek het nie 'n vete met kos nie...lol
Ek maak verskillende patties, maar die maklikste en vinnigste vir so
8 patties is 800g Mince
1 pakkie Bruin Uiesoppoeier
sout, peper
2 e
Fruit Chutney,
so lekker dash Worchestersous
en dan so 5ml Masala.
Meng alles lekker en maak in balle van so 114g elk.
Druk plat in 'n patiepress en sit tussen waspapier in ystas tot gebruik.
As jy nou wil wintie wees, dan sny jy bietjie koljanderblare baie vyn en gooi dit in jou mince met die meng slag...hemels as jy van koljander hou.
N.S> Plaas dit vir so 2 uur in die yskas voor jy begin gaarmaak....
ja dit help met die uitmekaarval. Jou hitte moet ook nie te hoog wees nie. Ek braai myne in 'n kleefvrye pan met 'n bietjie Lard.(Uitgebraaide varkvet)*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



MY GUNSTELING resep vir "Patties" of Frikkadelle..
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/hamburger-patties.html

1 kg maalvleis,
1 eetlepel sout,
1 teelepel peper,
1 teelepel fyn neut,
1/2 teelepel fyn naeltjies,
1 eetlepel fyn koljander,
1 rou eier, en
1 medium uit fyn gekerf..of gerasper.
1 eetlepel koekmeelblom..
Meng alles baie goed met die maalvleis, en maak jou eie lekker patties..of frikkadelle...ek meng soms ook sommer die gerasperde kaas daar in vir Frikkadelle..**
Stefaans Blaauw

 

                                                          foto **Stefaans Blaauw




Hamburgerpatties


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/hamburger-patties.html

4kg maalvleis
6 weet bix (fyngedrusk)
1 groot uie (gerasper )
3 groot eiers
2 t pepper
2 t braaivleisspeserye
Metode
Meng alles saam . Deel in 100 gram bolletjies en druk plat .

Sous vir hamburgers
60 ml mayonaise ( 4 half eetlepels)
60 ml plain yoghurt (4 half eetlepels)
+- 15 tot 30 ml chutney (2 kwart eetlepels)
+-15 tot 30 ml tamatiesous (2 kwart eetlepels)
Meng alles goed saam.
(Douw van den Berg)

No comments:

Post a Comment