Tuesday 12 November 2013

LAVENDER SHORTBREAD

                                                   


Carin Ras Wilson

Klapper-en-laventelbrosbrood
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/lavender-shortbread.html

500 g botter
350 g koekmeel
325 ml versiersuiker (170 g)
250 ml mielieblom (120 g)
250 ml klapper (80 g)
15 ml laventelblommetjies, of na smaak
Voorverhit die oond tot 180C.
Smeer ‘n vlak pan van 30 x 20 cm met botter en sprinkel meel oor. Skud die oortollige meel uit en hou eenkant.
Room die botter tot lig en romerig. Voeg die meel, versiersuiker, mielieblom, klapper en laventelblommetjies by. Druk die deeg in die voorbereide pan vas (die deeg behoort sowat 2,5 cm dik te wees) en prik met ‘n vurk.
Bak in ‘n voorvehitte oond vir sowat 40 – 45 minute. Laat afkoel en sny in stafies.
Wenk: Doop die een kant van die brosbrood in gesmelte witsjokolade.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* *
Tuis**
Foto>mountainmamacooks*

No comments:

Post a Comment