Saturday 9 November 2013

TRAMAZINI



SMULLEKKER VARK TRAMAZINI
*
Roelien Parkin
In braaipan, maak olie warm en braai die volgende speserye saam:
3 kardemom,
1tlp kumin & koriander,
1tlp borrie,
2tlp garam masala,
2tlp kerriepoeier,
1tlp chilli flokkies
Voeg dan 200-300 g vark (in blokkies gesny) by en braai tot bruin. Haal uit die pan, voeg meer olie by as dit nodig is.

Braai die volgende saam:
1 gesnyde prei(leek),
1tlp sitroengras,
1tlp knoffel,
1tlp gemmer.
As die preie sag raak, voeg so 100g gesnyde sampioene by.
Voeg dan die volgende by:
2 eetl soya sous,
1 blik klappermelk,
Sout & peper na smaak,
1 eetl suiker
Kook op matige hitte 15-20minute.
As die vleis sag is, haal die deksel af en kook oop tot die sous dikker is, of voeg mielieblom by om te verdik.
Net voor bediening roer 1 eetlepel suurlemoensap deur.
Bedien op tramazini en plaas cheddar of feta kaas oor na smaak.
Rooster in die oond of in 'n broodrooster.
Bedien met 'n groen slaai.*Pasella*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment