Saturday, 9 November 2013

EEND GEREGTE

                                                                    Foto >IDEES


PRUIM EN STERANYS SOUS
*Eend*

olyfolie
10 ml gerasperde vars gemmer
5 ml elk vinkel- en koljandersaad
2 heel steranyssade
1 klein kaneelstokkie
4 ryp pruime, ontpit en gekap
30 ml rooiwynasyn
60 ml bruinsuiker
Pruim-en-steranys-sous
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n kastrol.
Voeg die gemmer by en soteer vir ’n minuut.
Voeg die res van die speserye by en roer tot geurig.
Voeg die pruime, asyn en suiker by.
Laat prut vir 15 minute sonder ’n deksel tot verdik.
Sit warm of koud voor.: http://idees.co.za*> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html

EEND MET LEMOENSAP EN HEUNING
4 eendborsies, in filette gesny en vet verwyder
sout en varsgemaalde swart peper
Sous
1 k lemoensap, vars uitgedruk
8 e  heuning
2 e sjerrie
knippie saffraan
1 t kardemom, fyngemaal
1 t swart peper, fyngemaal
2 k hoenderaftreksel
1 salot, gemaal
¼ t borrie
knippie gemmer, gemaal
sout en peper na smaak
Bring al die sousbestanddele tot kookpunt in ‘n klein kastrolletjie.  Stel hitte laer en kook af tot stroperig.
Geur die eendfilette met sout en peper en braai in dikboompan - die vetkant eerste, totdat dit bruin en krakerig is.  Seël vinnig aan die ander kant.  Verwyder van hitte en bak 5 – 8 min in oondpand teen 180 C,
Haal uit oond en laat staan 5 minute op warm plek voordat dit in dun skyfies gesny word.
Bedien met sous, saffraanrys en groen aspersies*pasella>jpduplessis* > http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html



  
                                                               Foto>Kyknet>Ilse


Pynappel lemoensous
Meng
7,5 ml suiker
90 ml. mielieblom
250ml water
250ml lemoensap
Gerasperde skil van 1 lemoen
60ml fyn gerasperde. Pynappel
30ml pitlose rosyntjies
OPSIONEEL
Metode
Kook 3min in klein kastrolletjie
30ml pitlose rosyntjies kan ook bygevoeg word
Maar dan moet mengsel gekook tot rosyne geswel Is*> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html

Helena Kruger
LEMOENSOUS
250 ml suiker (1 k)
125 ml lemoensap (½ k)
50 ml botter (4 E)
5 ml lemoenskil (1 t)
15 ml Van der Hum of suurlemoensap (3 t)
Metode:
Bring suiker en lemoensap tot kookpunt.
Roer botter, lemoenskil en suurlemoensap by.
Dien warm lemoensous oor warm toegedraaide pannekoek of plaatkoekies!!* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html

LEKKER PRUIMSOUS
Gebruik dit by Vark of hoender vleis of eend
1k Pruimkonfyt
100ml Kookwater
5ml Hoenderaftrekselpoeier of so n halwe hoenderblokkie
30ml Korentewat jy in water geweek het en dan goed gedreineer het
Verhit alles in jou kastrolletjie tot kookpunt [roer dit goed]
Verwyder van hitte en gooi in n mooi souspotjie en bedien by jou heerlike vleis!!14/11/11 Helena Kruger
*> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html




LEMOEN EEND
1 heel eend
5 lemoene
2 heel kaneelstokke
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g ligte bruinsuiker
125 ml appelwynasyn
80 ml brandewyn
Verhit jou oond tot 160 °C.
Vul die holte van die eend met een lemoen en die kaneelstokke.
Geur die eend met sout en swartpeper.
Prik die vleis met ’n vurk of skerp messie.
Plaas die eend op ’n rakkie in ’n oondroosterbak.
Rooster vir ’n uur. Draai dit ná ’n halfuur om.
Rasper intussen die skil van die ander 4 lemoene en druk die sap uit.
Blansjeer die skil vir 1 minuut in kookwater.
Dreineer en gooi in koue water.
Smelt die bruinsuiker in ’n pan tot dit gekaramelliseer het.
Voeg die asyn by en kook vir 3 minute.
Gooi die brandewyn, lemoensap en skil by en kook vir nog 3 minute.
Verhoog die oondtemperatuur na 180 °C.
Verf van die sous ná die eerste uur oor die eend en rooster verder vir 1 uur, terwyl jy so elke 10 minute nog sous oorverf.
Die vel moet bruin en bros word.
Vir die mooi kan jy twee dun lemoenskyfies vinnig in botter braai vir garnering.*Sarie Kos> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html

Eend met lemoen sous

Bestanddele
1 Eend
15 ml Margarien
200 ml Wit Asyn of droë witwyn
3 lemoene
1 suurlemoen
25 ml Suiker
10 ml Suurlemoensap
37,5 ml brandewyn
15 ml Mielieblom
1 lemoen, in skywe gesny
Sout & Peper

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer eend met margarien en sprinkel met sout en peper.
Plaas eend en asyn of wyn in oondskottel en bak 30 minute vir elke 450 gram rou gewig. Bedruip kort-kort. Rasper skil van 1 lemoen en druk sap van al die lemoene en die suurlemoen uit. Los suiker in 10 ml suurlemoensap op in 'n kastrol. Verhit tot donkerbruin karamelkleur. Voeg brandewyn, lemoen- en suurlemoensap by die karamel en prut vir 5 minute. As eend gaar is, verwyder uit oondskottel en skep ekstra vet af. Voeg lemoenskil en lemoen sous by. Meng mielieblom met bietjie water en voeg by sous. Roer tot verdik en sit voor saam met eend. Garneer eend met lemoenskywe en lemoenskil.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html




EEND MET LEMOENSOUS IN ‘N SAKKIE: [deur Barbara Joubert]
Eend kan taamlik droog wees as dit verkeerd gaargemaak word. Oondbraai dit in ’n baksakkie as jy wil seker maak dis heerlik sappig.
genoeg vir 6

BENODIG:                                                

• 250 ml lemoensap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 30 ml korrelmosterd
• 5 ml worcestersous
• 30 ml heuning
• 6 eendporsies (dy en boud)
• sout en varsgemaalde swartpeper
• mikrokruie

MAAK SO:
Gooi lemoensap, knoffel, mosterd, worcestersous en heuning saam in ’n mengbak en meng om marinade te maak. Geur eend met sout en peper. Plaas in ’n groot baksakkie. Gooi marinade in en bedek eend goed met marinade. Maak sakkie toe en druk alle lug uit. Bind styf vas en plaas in yskas. Laat marineer sowat 6 uur. Verhit oond tot 180 °C. Plaas baksakkie op ’n bakplaat en prik sakkie met vurk. Plaas in oond en oondbraai 1½ uur. Haal uit, sny sakkie oop en plaas eend in oondbraaibak. Gooi marinade oor en oondbraai nog sowat 10 – 15 minute tot eendvel lekker bros is. Sprinkel mikrokruie oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/eend-geregte.html

No comments:

Post a Comment