Monday 23 December 2013

BEESTONG



GEBAKTE MOSTERDTONG
Deur: HUISGENOOT

Genoeg vir 6 Mense
Bereiding: 15 minute
gaarmaaktyd: 45 minute

SOUS
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) mosterdpoeier
125 ml (½ k) suiker
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) wit druiwe-asyn
30 ml (2 e) koekmeel

TONG
2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (SIEN WENK)
125 ml (½ k) sagte broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C.

SOUS
Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.
TONG
Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

WENK
Maak die tong so gaar:
Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, proe dit beter.
Hierdie is ’n lesersresep van G.M. Ehlers van Witpoortjie, Johannesburg en dié gereg is al meer as 30 jaar lank in hul familie




Rencia Odendaal Pretorius
BEESTONG MET MOSTERDSOUS
1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies

Sous:
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
vars broodkrummels

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot
sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in
skywe en pak in ‘n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C.

Vir die sous:
Meng die droë bestanddele
saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 – 30 minute.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/beestong.html 




Gepekelde beestong       
Saterdag, Desember 06 2008 @ 01:41 NM CST
Geskryf deur: jpetro
1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
koppie pietersielie, gekap
teelepel basilie, gekap
takkie roosmaryn
peper
sout

Plaas dit in n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.
Meng bietjie olyfolie met die res van die bestandele.
Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af. Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel oor. Bedek en plaas in die yskas vir vier dae.
Verwyder dit uit die yskas omtrent een uur voor jy dit gaan bedien.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/beestong.html 





MOSTERDSOUS VIR KOUEVLEIS

4 Eiers         
Klits goed en voeg by:

190 ml Asyn

1 ml Sout

135 ml (108 g) Suiker

38 ml Mosterdpoeier  - Klits baie goed

Kook mengsel oor kookwater en roer aanhoudend
Kook todat mengsel dik is. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/beestong.html


Maré Nieuwoudt    ‎
SKOONMA SE TONG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/beestong.html
Mev. M M Pretoius sê: n Mens kan dit die vorige dag berei. n Halfuur voor ete warm jy dit dan net gou op. Dis koud ewe lekker.
1 vars of gepekelde beestong van sowat 1,5kg
500ml kookwater
15 ml sout (vir VARS tong)
3 keuienaeltjies
6 peperkorrels
25 ml bruin suiker

25 ml kookolie
25 ml koekmeelblom
50 ml mosterdpoeier
100 g (125ml) suiker
2 ml sout
250ml kookwater
50 ml wit asyn
250 ml mayonnaise
Sap van 1 suurlemoen
Vars broodkrummels
METODE:
Was tong, verwyder kliertjies, voeg kookwater, sout, naeltjies, peperkorrels en suiker by en kook 50 minute in n drukkastrol tot sag. Trek vel af laat goed koud word en sny in baie dun skyfies.
Meng olie, meel, mosterd, suiker, sout en kookwater in n kastrolletjie to glad. Verhit to kookpunt en haal van stoof af. Roer asyn, mayonnaise en suurlemoensap by. Pak helfte van tongskyfies in n vuurvaste skottel van 20x20x5 cm en gooi helfte van sous bo-oor. Herhaal lae en strooi krummels bo-oor. Bak 30 minute by 180°C. Lewer 6 porsies.*17/12/2014
HUISGENOOT WENRESEPTE


Maré Nieuwoudt   
 iets anders as die mosterdsous of rosyntjiesous.
TONG IN APPELKOOSSOUS:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/beestong.html
2 soutbeestonge lourierblare
wortelskyfies 1 groot ui, in skywe gesny
Sous:
1 groot blik appelkooshalwes
190ml bruin suiker
5ml droë mosterd
125ml wit druiwe-asyn
3ml sout
15ml meel & water om ‘n pasta te maak
1 beesvleisekstrakblokkie
85ml sultanas
Fondor

Laat die tong vir sowat 2 ure prut, saam met die lourierblaar, wortels en ui, of totdat die vel oplig.
Doop die tong in koue water en ontvel.
Sny in skywe en hou eenkant.
Druk die appelkose deur ‘n sif in die pot en voeg die appelkoossous by.
Voeg die suiker, mosterd, sultanas, asyn en sout by.
Verhit tot kookpunt.
Roer deurgaans.
As dit te soet is, voeg ‘n blokkie biefaftreksel by.
Voeg die meel en ‘n bietjie water by en meng deeglik.
Roer totdat dit verdik.
Plaas die tongskywe weer terug in die pot, en verhit dwarsdeur voor bediening .*.by Kos vir kampeerders met idees vir kampering .* 17/12/2014


No comments:

Post a Comment