Sunday 22 December 2013

GEMMERLIN VARKBOUD





GEMMERLIM VARKBOUD

Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 uur 25 minute

1 varkboud, sowat 6 kg, met skenkelbeen en swoerd aan sout na smaak
30 ml (2 e) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) bruinsuiker
2-3 uie, geskil en in wiggies gesny
4 lourierblare
4 heel naeltjies
6 peperkorrels
4 takkies vars tiemie
sowat 1,5 L gemmerlim
mielieblompasta

Voorverhit die oond tot 160 °C.

 Sny kepe kruis en dwars oor die swoerd. Geur die boud en swoerd goed met die sout.
 Meng die mosterd en suiker en smeer oor die vleisgedeelte van die boud. Plaas die boud in ’n groot oondbak. Versprei die res van die bestanddele om die boud. Giet die bak halfvol met die gemmerlim. Bedek liggies met foelie. Oondbraai 25 minute per 500 g plus 25 minute tot die boud gaar is en die vleissappe helder uitkom wanneer jy ’n vleispen insteek.
 Verwyder die foelie, smeer die swoerd goed met olie en nog sout, en rooster onder die roosterelement tot die vel bros is.
Dreineer die sous, kook af tot geurig en verdik met die mielieblompasta.
Laat die boud 10 minute rus en sny in skywe. Sit voor met sous, gepiekelde groente en pynappel-carpaccio.
Huisgenoot
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/gemmerlin-varkboud.html

No comments:

Post a Comment