Thursday 19 December 2013

BLOUKAAS HOENDER



BLOUKAAS HOENDER:–
 oeg so lekker - by marindakook Kyk, my kinders is nie lief vir bloukaas nie, maar bloukaas hoender maak ek op aanvraag. Hulle hang hul behoorlik op aan die hoender. Dan as ek gaste spesiaal wil laat voel ,maak ek dit ook. Daars mos iets grands aan bloukaas – seker omdat ek dit nie as n kind geken het nie.

BLOUKAAS HOENDER
6 stukkies hoenderfilette ( sonder vel of bene)
500 ml meel ( ek weet dis te veel, maar ek wil nie sukkel nie)
4 eiers liggies geklits – sommer met n vurk
200g broodkrummels ( wat jy koop in die winkel , is gewoonlik daar waar die speserye is)
250ml room
1 driehoekie bloukaas
NOU:
maak drie borde/bakkies in n ry staan.
In die een gooi jy die meel, dan die eiers en dan die broodkrummels
Druk die hoender eers in die meel, dan die eiers en dan in die broodkrummels
Pak dit in n oondvaste bak
Gooi die room oor
Krummel die bloukaas oor
Bak dit by 190 grade Celsius toe met tinfoelie vir 20 minute
Haal die tinfoelie af en bak dit vir nog 20 minute oop
Dis n groot lekkerte. Ek het myne bedien met koeskoes en chillie – en natuurlik n glasie wyn.
MY WENK:
Sleep die swartplatboompot nader en maak die gereg daarin, deksel op en kooltjies bo-op deksel. Viola lekker maklik!
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering** http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/bloukaas-hoender.html

No comments:

Post a Comment