Thursday 19 December 2013

BAKING SODA OR BAKING POWDER



                                                                  >BAKING SODA<          

BAKING SODA OR BAKING POWDER

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/baking-soda-or-baking-powder.html
Corrie Van Rooyen

Ek merk nogal dikwels 'n bietjie verwarring tussen 'Baking Soda' en 'Baking powder'.

Dis nou in Afrikaans, 'Koeksoda' en 'Bakpoeier'
Nou wil ek nie 'n ellelange chemieles prober aanbied nie, maar tog 'n bietjie insig vir diegene wat mak belangstel.
Albei die bestanddele kán rys van die beslag daar stel, maar op verskillende chemise maniere.
Koeksoda (Baking soda. Bicarbonate of soda)
-------------------------------------------------------
Dis bloot 'n alkalise chemise verbinding, natriumbikarbonaat (NaHCO3) wat allen niks sal doen om te laat rys nie, maar net 'n effense verkleuring van die beslag tot gevolg sal hê.
Wanneer koeksoda in 'n resep die doel het om te laat rys, moet daar ook 'n suurmiddel in die megsel wees. Dit kan asyn wees, suurlempensap, of dak kremetart of wynsteensuur (tartaric acid).
Wanneer die twee goed meng in die korrekte verhouding, veroorsaak die dan 'n chemise reaksie wat koolsuurgas vrylaat, wat dan in klein borreltjies in die gluten van die meel en vloeistof, wat taai is, veroorsaak dat die mengsel rys. Die proses begin sommer sodra die gemeng begin.
#baking soda / koeksoda
#koeksoda / bakpoeier

Eksperiment:
---------------
Maak 'n glas half vol kraanwater.
Los daarin 1 teelepel koeksoda op.
Jy sal sien dat daar niks opmerklik gebeur nie.

Gooi nou 'n eetlepel asyn by - en dadelik sien jy 'n borreleffek wat gou opborrel en dan is dit klaar. Dis daardie borrels wat die beslag laat rys. Dit gebeur sommer so terwyl die beslag nog koud is - en kan oneffektief raak as die reaksie uitgewerk is voordat jy die mengsel in die koekpan gegooi het as jy te lang talm. Dis nietemin onder gewone omstandighede heel effektief, want soos die beslag warm word, word die chemise reaksie ook aangehelp en versnel.

Die bestanddele bepaal ook die tempo waarteen die reaksie plaasvind. Asyn en suurlemoensap is haastig, en dikmelk of karringmelk gee 'n stadiger reaksie.

 

Bakpoeier (Baking power)
-------------------------------

Dit is basies ook koeksoda, MAAR daar is ook 'n stadig-regarende suurpoeier bygevoeg. Dit is soms kremetart, soms wynsteensuur (cream of tarter of tartaric acid).
Die verhouding is sodanig dat die proses meesal stadiger plaasvind, en eers op 'n hoer temperatuur.
Bakpoeier wat te lang staan, of oopstaan sodat die vog in die lug daarby kan kom, sal ook 'verslaan' of sy effektiewiteit verloor, omdat die suur en alkali stadigaan heeltyd met mekaar reageer - veral as daar vogtigheid bykom.

Eksperiment:
----------------
Gooi 'n glas half vol koue water.
Los 'n teelepel bakpoeier op in die koue water.
Die water sal hal melkerig lyk, maar niks te drasties gebeur nie. Die melkerigheid is a.g.v. baie klein gasborreltjies wat vorm, maar die reaksie is traag teen lae temperature.

Maak nou die glas mooi skoon, en gooi dit half vol kookwater. Doen nou dieselfde as tevore - gooi halfteelepel bakpoeier by die kookwater.
Nou vind daar 'n hewige reaksie plaas, wat wys dat dit eers regtig werk as die goed gebak word.

Terwyl mens nou nie in die kombuis seker lus het vir skool-chemie klas nie, kan hierdie dalk tog vir mense wat verkies om mooi te weet wat hulle doen, van waarde wees. Dit is ook 'n betroubare toets om te sien of jou ouerige bakpoeier nog 'reg' is. As dit nie skuim soos 'Enos' in warm water nie. gooi maar weg en koop ander.

Daar is die les nou klaar en die kinders kan maar hustoe gaan. 'n Sterretjie vir dié wat nou die verskil mooi verstaan.19/12/13* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/baking-soda-or-baking-powder.html

No comments:

Post a Comment