Monday 16 December 2013

MARIE BESKUITJIES



Corrie Van Rooyen
So sonder André se toestemming hierdie kom deel.. maar ek glo nie sy gaan te veel met my raas nie...
Ek het dié nog nie self probeer nie, maar dit lyk besonder interessant en ek gaan vir seker nog dié week plan sien.

Andre Viljoen Joubert:
 Ouma Gerty se Mariebeskuitjies

Kook saam 3 koppies suiker en 1 koppie melk.
Laat afkoel.

Voeg 2tl. koeksoda en 2tl. vaniila by en roer goed.
Meng 8 koppies meel en 2tl sout en vryf 500 g sagte margarine daarin goed deur met die vingers in 'n groot mengbak.
Voeg die melkmengsel by en roer goed deur.
Rol in balletjies, en druk plat met 'n vurk op 'n lig gesmeerde bakplaat (of op bakpapier)
Bak vir 30 minute teen 180 grade Celsius
André noem ook dat die feit dat dit eierloos is, maak dit taamlik goedkoop, wat nogal 'n voordeel is.*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/marie-beskuitjies.html

No comments:

Post a Comment