Friday 13 December 2013

MEDITERRANEAN SLAAI / SALAD



ITALIAANSE GROENTE- EN MOZZARELLA-SLAAI
60 ml (4 e) avokado- of olyfolie
1 - 2 middelslag eiervrugte, gehalveer en in dun skyfies gesny
2 preie of 1 ui, gehalveer en in dik skywe gesny
1 elk rooi en geel soetrissie, ontpit en in dun repies gesny
250 g kersietamaties, gehalveer
45 ml (3 e) balsamiese of rooi wynasyn
15 vars basiliekruidblare,grofgeskeur
sout en swart peper
100 g mozzarella, in repies gesny


1. Verhit helfte van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan en braai eiervrug tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
2. Verhit nog ’n dun lagie van die olie in dieselfde pan en soteer preie of ui tot goudbruin en sag. Skep uit en voeg by die eiervrug.
3. Voeg soetrissie in die pan en soteer tot sag. Voeg by die gaar groente.
4. Soteer tamaties vir ’n paar minute tot net warm. Skep tamaties by die res van die groente en roer orige olie, asyn en sout en peper by. Roer basiliekruid by.
5. Plaas in die yskas en laat afkoel vir ten minste 1 uur en voeg mozzarella by, net voor dit voorgesit gaan word. Sit voor met roketblare, olywe, kase, brood en koue vleis vir ’n lekker somer-ete.

Wenke
1. Die groente is heerlik op broodjies, in omelette en pitas.
2. Die slaai sal vir 1-2 dae in die yskas hou.
heleenmeyer
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/mediterranean-slaai-salad.html

No comments:

Post a Comment