Friday 13 December 2013

RSG SE LEKKERBEK MACARONI


RSG SE LEKKERBEK MACARONI
8 porsies
1 pak macaroni
4 eiers
200 g cheddarkaas, gerasper
500 g maalvleis
3 uie, gekap
125 ml water
1 klein blikkie tamatiepuree
125 g botter
sout
25 ml koekmeel
1 koppie melk


Kook macaroni tot gaar in soutwater.
Stel oond op 180 grade.
Smeer oondbak met botter.
Braai uie, voeg maalvleis en water by en kook totdat water verdamp.
Voeg tamatiepuree en sout by.
Meng een van die eiers en die helfte van die kaas by die gaar macaroni.
Hou eenkant.
Verhit die botter in 'n kastrol.
Voeg die koekmeel by en roer goed.
Voeg die melk by.
Klits die 3 eiers en voeg dit by.
Voeg die kaas  by.
Plaas die helfte van die macaroni onder in die oondbak, dan die helfte van die maalvleismengsel en herhaal.
Voeg die eier en melkmengsel bo-oor.
Sprinkel nog 'n bietjie kaas oor en bak in oond vir 30 minute.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/rsg-se-lekkerbek-macaroni.html

No comments:

Post a Comment