Tuesday 17 December 2013

ONTBEENDE HOENDER EN VULSEL



Ontbeende hoender


(10 porsies)
  • 2 heel hoenders
  • 200 g botter
  • 3 uie, grofgekap
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 10 snye bruinbrood, fyngekap in jou voedselverwerker
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 50 ml olyfolie
  • sap van 2 suurlemoene
  • sowat 10 ml worcestersous
Plaas die hoenders met die borskante na onder. Sny in die middel van die rugkant oop. Begin teen die karkas van die hoender die vleisgedeelte met ‘n skerp mes afsny. Wanneer jy by die vlerkies en boudjies kom, breek die beentjies by die lit deur. Die bene bly in die boudjies en vlerkies. Verwyder die rug- en borsbene en hou die hoenders eenkant. Maak nou die vulsel. Smelt helfte van die botter in ‘n kastrol. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg broodkrummels en pietersielie by en meng goed. Voeg res van botter by en roer deur tot gesmelt. Geur met sout en peper. Laat die vulsel eers koud word voor jy die hoenders stop. Verhit oond tot 180 ºC. Verdeel die vulsel in twee. Jy kan die vulsel lekker met jou hande bymekaar druk. Plaas in die hoender en vou die hoender toe. Steek vas met tandestokkies. Gooi olyfolie in oondroosterbak. Plaas hoenders met die oopgesnyde kante na onder. Gooi die suurlemoensap en worcestersous oor. Geur met sout en peper en plaas in warm oond. Oondrooster vir sowat 1½ uur tot gaar en mooi bruin. 

No comments:

Post a Comment