Wednesday, 18 December 2013

SOET BOERE HOENDER KERRIE


SOET BOERE HOENDER KERRIE

HOENDER
250 ml (1 k) koekmeel
15 ml (1 e) kerriepoeier
sout en peper na smaak
10 hoenderstukke (dye en boudjies)
3 uie, gekap
2 groenrissies, gekap
375 ml (1½ k) sultanas
SOUS
125 ml (½ k) tamatiesous
125 ml (½ k) blatjang
125 ml (½ k) braaivleissous
125 ml (½ k) waterVoorverhit die oond tot 200 °C.
HOENDER
Meng die meel, kerriepoeier en sout en peper en rol die hoender daarin.
Meng die uie, rissies en sultanas.
Skud die oortollige meel van die hoender af en pak lae van die uiemengsel en hoender in ’n oondbak. Eindig met uie.
SOUS
Meng al die bestanddele vir die sous en giet oor die hoender. Maak seker die hoender is heeltemal bedek.
Bak die hoender 45 minute of tot goudbruin en gaar.
Sit warm voor met rys en gebakte pampoenskywe.
Wenke
Sny oortollige vet van die hoender af.
Skud die meel goed af en maak seker die hoenderporsies is goed met sous bedek, anders is daar droë meel tussen die lae hoender.*Huisgenoot* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/soet-boere-hoender-kerrie.html