Wednesday 18 December 2013

HOENDERVLERKIES MET TEXASSPESERYE


Vlerkies met Texasspeserye

MARINADE
250 ml (1 k) tamatiesous
1 klein ui, gerasper
1 knoffelhuisie, gekneus
60 ml (¼ k) worcestersous
25 ml (5 t) vars suurlemoensap
15-30 ml (1-2 e) bruinsuiker
15 ml (1 e) druiweasyn
15 ml (1 e) mosterdpoeier
5 ml (1 t) fyngekapte brandrissie
5 ml (1 t) tabascosous
HOENDER
12 hoendervlerkies
MARINADE
 Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat 10 minute prut. Laat afkoel.
HOENDER
 Plaas die hoendervlerkies in ’n niemetaalbak en giet die marinade oor. Marineer oornag in die yskas.
Voorverhit die roosterelement van die oond. Pak die vlerkies in ’n enkellaag op ’n bakplaat of in ’n oondpan en rooster 20-30 minute of tot die vlerkies gaar en sag is. Draai dit gereeld om terwyl dit rooster en smeer met die marinade.*Huisgenoot> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/hoendervlerkies-met-texasspeserye.html

No comments:

Post a Comment