Wednesday 18 December 2013

GESKENKE IDEES VIR KERSFEES




Gesonde Ontbyt-Muffins
Fredalaine Greeff Harmse
Sif 375 ml koekmeel,
10 ml
bakpoeier,
1 ml koeksoda en 1 ml sout saam.
Gooi in ’n fles met lae van die
volgende:
250 ml gougaar hawermout,
125 ml bruinsuiker,
250 ml gekapte gemengde

droëvrugte, byvoorbeeld pynappel, goji-bessies, kersies of nektariens, en 60 ml
gemengde neute en sade.

Skryf op ’n kaartjie
Verhit die oond tot 200 ˚C.
Gooi die
inhoud van die fles in ’n mengbak.
Klop 65 ml gesmelte botter,
250 ml melk of
jogurt en een groot eier saam en roer by die droë bestanddele.
Skep in gesmeerde
en gevoerde muffinpanne en bak vir 20 tot 25 minute tot gaar.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/geskenke-idees-vir-kersfees.html
 



 Braaisout
Fredalaine Greeff Harmse
60 ml growwe sout
30 ml koljandersaad

15 ml gedroogde oreganum
15 ml swartpeperkorrels
15 ml mosterdpoeier
15 ml paprika (gerookte paprika indien verkrygbaar)
Die sout kan in ‘n voedselverwerker of koffiemaler gemaak word.
Verwerk eers die koljander, oreganum en swartpeper tot fyn en voeg dan die sout by.
Verwerk weer tot alles fyn is. Gooi uit in ‘n bakkie en voeg die mosterd en paprika by.
Meng alles deeglik en skep in ‘n bakkie of spesery-shaker.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/geskenke-idees-vir-kersfees.html

No comments:

Post a Comment