Saturday 21 December 2013

TAMBOESIES



TAMBOESIES:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/tamboesies.html

Bestanddele:
1 rol skilferdeeg
1 eier geklits
500ml vars room of dikkerige vla
50ml strooisuiker VIR DIE ROOM VULSEL
6ml vanielje geursel
250ml gesifte versiersuiker
30ml kookwater
2ml suurlemoensap
Rol die helfte van die deeg uit en sny in 4.5cm vierkantjies. Verf liggies met geklitste eier. Plaas op 'n bakplaat wat met water besproei is en bak in 'n voorverhitte oond by 200C tot goudbruin. Laat afkoel, sny deegvierkante oop tussen die gerysde lagies.
VIR ROOM VULSEL :
 Klop room met strooisuiker en vanieljegeursel styf. Spuit room op die onderste een lagie en plaas 'n vierkantjie bo-op.
DOEN DIESELFDE AS JY VLA MENGSEL GEBRUIK .... SPUIT VLA OP DIE ONDERSTE EEN LAGIE EN PLAAS 'N VIERKANTJIE BO OP.
Meng gesifte versiersuiker met kookwater en suurlemoensap. Skep versiersel drupsgewys oor elke tamboesie.

Jy kan dit ook vul met bruin kondensmelk en styfgeklitse room en strooi dan bietjie versiersuiker bo oor. Ek gooi my versiersuiker sommer in 'n groot plastiese spesery houertjie. (Die een met die gaatjies in). Ek gebruik ook so houertjie vir my kaneelsuiker om oor die pannekoek te strooi . Dit werk baie lekker.

TAMBOESIES
(Ongeveer 40) (Vrouekeur 22 Mei 2009)
1 rol (400 g) bevrore blaardeeg
500 ml (2 kop) melk
75 ml (5 e) suiker
30 ml (2 e) vlapoeier
45 ml (3 e) mielieblom
knypie sout
5 ml (1 t) vanielje

VERSIERSEL
versiersuiker
kookwater
1 grenadella se pulp
5 ml (1 t) mielieblom

Stel oond op 200 °C.
Laat blaardeeg ontdooi. Rol oop en sny in 5 cm x 7 cm-blokkies.
Smeer groot bakplaat liggies, plaas deegvierkante daarop en bak vir 12 min. of tot goudbruin aan bokant. Laat vierkante op draadrak afkoel.
Hou bietjie van melk eenkant en verhit res tot kookpunt.
Meng suiker, vlapoeier, mielieblom en sout met melk wat eenkant gehou is tot pasta.
Klits bietjie gekookte melk by vlapasta tot mengsel glad is en gooi terug by melk in kastrol.
Roer vla gedurig oor lae hitte totdat dit dik en gaar is.
Verwyder vla van hitte, roer vanielje by en plaas stuk nat waspapier bo-op. Dit sal voorkom dat vel vorm.
Steek elke tamboesie in middel oop en vul met afgekoelde vla.
Versiersel: Maak versiersuiker met kookwater tot dik pasta aan en drup bietjie op elke tamboesie.

Verhit grenadellapulp en roer mielieblom by tot verdik. Skep bietjie grenadellapulp op elke tamboesie.

Wenk: Om die gebak mooi voor te sit, pak in 'n hopie en sit viooltjies of frambose bo-op.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/tamboesies.html

No comments:

Post a Comment