Friday 31 January 2014

BASIESE SKONS

BASIESE SKONS

Deur ARINA DU PLESSIS
23 September 2010

500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
Knippie sout
125 ml koue botter, in klein blokkies gesny
1 eier
160 ml melk
Skeut suurlemoensap óf asyn
Druk die deeg goed bymekaar, maar moet dit nie te veel bewerk nie. Moet dit ook nie té dun uitrol of té plat druk nie. En onthou – gebruik liefs regte botter as jy skons bak. Die geur wat dit gee, is die ekstra paar rand oor en oor werd!
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat met olie. Sif die meel, bakpoeier en sout twee keer saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in. Klits die eier, melk en suurlemoensap of asyn saam.

Voeg bietjie vir bietjie by die droë bestanddele en sny in met ’n slaplemmes. Keer uit op ’n meelbestrooide oppervlak, druk liggies bymekaar en effens platter en druk kleinerige sirkels uit. Pak op ’n bakplaat en bak vir 10-15 minute tot gaar. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer sowat 8-10 skons. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/basiese-skons.html


No comments:

Post a Comment