Friday 31 January 2014

HERDERSPASTEI SONDER VLEIS


HERDERSPASTEI SONDER VLEIS
4 groot aartappels, gaar en geskil
2 handevol groenboontjies, gaar
1 blikkie lensies
1 ui (helfte gerasper vir die aartappels en die ander helfde fyngekap vir die lensies)
1 eiervrug, gekap
1 eetlepel Griekse joghurt
½ handvol fetakaas
2 teelepels olyfolie
1 teelepel Jalapeñosous (of Tabasco of enige ander brandrissiesous)
2 teelepels sojasous
¼ koppie tamatiepuree
2 lourierblare
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 teelepel witpeper
1 teelepel sout


LAAG 1: Lensies en eiervrug
Verhit pot op medium hitte.
Voeg die eiervrug, gekapte ui, tamatiepuree, sojasous, witpeper, lourierblare en knoffel in pot.
Bring tot kookpunt and laat dit vir 5 min prut.
Voeg die gekookte lensies by en prut vir 10 min tot 'n dik souserige mengsel.

LAAG 2: Groenboontjies
Voeg die Jalapeñosous by die gekookte boontjies en druk dit 'n bietjie fyn met 'n vurk sodat jy nog stukke boontjies in die mengsel sien.

LAAG 3: Kapokaartappel
Druk die aartappels fyn (nie te fyn nie) en voeg joghurt by.
Voeg fetakaas, gerasperde ui en sout by.

Verhit oond tot 180'C.
Skep die lae in bogenoemde volgorde in 'n oondbak.
Strooi 'n bietjie fetakaas, olyfolie en 'n tikkie rooipepern bo-oor.
Bak vir 25 – 30 min tot 'n goudbruin boonste laag 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/herderspastei-sonder-vleis.html

No comments:

Post a Comment