Saturday 18 January 2014

GEGEURDE RYS



Gegeurde Rys
2 – 3 k Gaar rys
Braai die volgende saam in olyfolie:
1 ui, fyngekap
Helfte elk groen, rooi en geel rissies (Vir kleur)
Sodra die uie deurskynend is, voeg gaar rys by en verwarm.
Gooi nog olyfolie by indien nodig. Die rys moet nie droog wees nie


Maryna Muller 

Ek kook my rys gaar, dan in ander pot braai ek fyn gekerfde uie, green pepper en ek sny party keer n wortel of 2 klein blokkies in margarine ek gebruik redelik baie wanneer uie deurskynend sny ek mushrooms kleinerig en braai biekie, geur met sout en swart gemaalde peper, voeg gekookte rys by en meng goed, geen sous eers nodig, almal mal oor die gegeurde rys
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gegeurde-rys.html                                                             
RYS BESPREKING

André Potgieter
By sekere restaurante kry jy rys saam in jou bord. Mooi netjies gevorm, asof dit uit n ronde bakkie kom. Vraag, As ek nou rys maak en in so n bakkie opskep, omtiep in die bord, gaan die rys nie uitmekaar val nie? Hoop jul verstaan my vraag.

Johan Cremer
Smeer di bakki bq olie, druk di rys met n lepel vas en dan tip j hom om. Werk elke keer

Marieta van Bladeren
Nee druk dit vas in die bakkie. Dit bly so.

Yzelle Botha
Vat eerder 'n groot koekie ring - sit dit op die bord en gooi die rys daarin. Druk dit lekker styf vas en haal die ring weg. Moet mooi in vorm bly

Michelle Turner Carelse
koekiedrukker - of deurgesnyde blikkie

Krystle Louwrens
of jy kan bietjie kaas by di rys voeg, dit hu dit mooi verm en ook lekke smaaklik. dis wat ek doen

Wilma Viljoen
Ek gebruik n groot koekie ring en druk die rys vas met die agterkant van n lepel . Dit bly mooi in plek as jy die ring optel

Luchelle Nel
Kook net jou rys met n bietjie spice for rice dan het dit n mooi kleur en sal aanmekaar kleef sonder om dit in bakkie vas te druk so dit bly los van mekaar en lekker. Dit is wat ek in my restaurant doen

Erika Bezuidenhout
Lee Tuna blikkie werk baie goed.

Lunette Cabaco
Dis gestoomde rys daai wat so mooi vorm hou. Hulle is taaierig en klouerig, Kyk bietjie volgende keer as jy dit bestel.

Chantelle Geldenhuys
Nee Andre, dit val nie uitmekaar nie.... ek gebruik weer daai klein Tupperware moulds wat jy poeding in maak, soos saucy tops ens, die boonste en onderste dekseltjies kom af. Werk soos 'n droom. Ek meng bietjie pietersielie in my wit rys, werk baie mooi.


Marlize Saaiman
smeer die kante van die bakkie met n bietjie botter of olie sodat dit maklim kan uitgly. ek het dit by n sjefskool geleer. moet ok nie te vasdruk nie anders maak jy n gemors daarvan en wil die nie uitkom nie.

Leonore Bosman
selfs n teekoppie sal ook werk. die koppetjie se onderkant is mos mooi gerond.
Alta Nel Kriel
Spoel koppie met bietjie kookolie en skep rys in die koppie. druk dit goed vas. sit die bord bo-op die koppie, dop die bord om sodat die koppie bo-op die bord staan. lig die koppie versigtig op en jou rysd is perfek.

Salomè Botes
Sit n stuk cling wrap binne n glas bakkie wat hom tot oor die bakkie se kante bedek. Sit die rys lou warm in sit in die yskas toegevou met die oortollige wrap oor die kante as hy koud is.vou hom oop bo Vat jou bord sit homonderstebo op die bak tiep dit uit
Salomè Botes En trek cling wrap tada!!!

Gerda Du Plessis
Ek breek n rou eier in my rys, meng dit goed, en microwave vir so paar sekondes na 1 minuut - hang af van hoe sterk hy is. Roer net weer goed deur. Mens kan die eier nie sien nie, en nie proe nie, maar dan vorm dit perfekte koppie omgedopte rys! Ek gebruik sommer sulke klein wynglasies daarvoor Hoop dit werk!

André Potgieter
WOW, julle mense op die blad is slim !! Baie dankie vir al die wenke ! Gmf, selfs van "Sjefskole".... Ek gaan alles probeer. Weereens baie dankie. Die rys in so n bolletjie lyk net mooier as opgeskepte opgehoopte lepels !
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gegeurde-rys.html


NUWE RYSBESPREKING


Ishell Terry

Maak jou rys gaar. Sny uie en n greenpeppers op in blokkies. Rasper jou wortels. Braai die uie en greenpeppers in bietjie olie. As dit amper gaar is gooi jy jou wortels by en braai nog. As dit klaar gebraai het gooi jou rys en spice for rice by en braai tot alles lekker gaar is. Baie Lekker.

Wilson Jafta met so bacon of Vienna in ...en ta da

Sheila Marsburg Troskie

Ek sny gewoonlik al drie kleure pepper in blokkies en braai hulle saam met fyn gesnyde uie en bietjie knoffel, dan gooi ek die gaar rys by met Robersons so Spice for Rice. Soms sit ek fyn stukkies bacon ook by.

Susan De Rauville Reyneke
Kreolie rys = braai n ui wat in blokkies gekerf is tot deurskynend voeg pakkie bits bacon by en braai gooi 1 tamatie by ook in blokkies gekerf maar binne goed uit gehaal en halwe groot green pepper ook in blokkies gekerf by roer lekker deur sit plaat af roer gaar gestreinde rys by en bietji sout en perri perri mmmm die mengsel is genoeg vir tot 3 kp rys hang af van mens tot mens


Darius Viviers Maak

Suplee (Italian Rice Balls)

2 eggs
1/3 cup grated Parmesan cheese
1 tablespoon dried parsley
1/4 teaspoon freshly ground black pepper
1 teaspoon salt
1 quart water
1 teaspoon salt
1 cup uncooked white rice
1 1/2 cups dried bread crumbs
2 cups olive oil

Directions

In a medium bowl, whisk together eggs, cheese, parsley, pepper, and 1 teaspoon salt. Cover and refrigerate.
Pour water and 1 teaspoon salt into a large saucepan and bring to a boil. Stir in rice and reduce heat to low. Cook rice until water is almost absorbed, stirring frequently. Remove from heat and slowly pour in egg mixture, stirring rapidly to prevent egg from scrambling. Allow rice mixture to cool for 1 hour.
Pour bread crumbs into a pile on one end of a cutting board. Dampen hands and roll rice mixture into 1 inch balls, then coat each one with bread crumbs.
In a small, deep skillet, heat olive oil to 350 degrees F (175 degrees C). (Should have enough oil to completely cover rice balls.) Fry rice balls 6 at a time, turning as needed to ensure even browning. Drain on paper towels and serve warm.

Jo-Ann Tait Iets wat ook vinnag is, vat jou gemengde groente wat gaar is en gooi dit daar by net so lekker

Johanette Lategan

Ek vat 250gr margarien, smelt dit in n pot en gooi rou rys in, braai die rys tot dit begin bruin kleur, voeg by gesnyde uie, greenpepper, bacon en mushrooms, braai als saam vir 10 min, voeg dan n beef blokkie of hoenderblokkie wat opgelos is in kookwater by, gooi genoeg water by en kook tot sag,

Lorraine Lolla Fourie
Braai ui, greenpepper en mushrooms. Gooi die gaar wit rys by en braai bietjie saam met spice for rice oor die rys.
Ingrid Franzsen

Warm rys gereg : Maak rys gaar .. braai ui, greenpepper, 1 pakkie mushrooms wat gekerf is en n pakkie bits o bacon. Meng alles saam en gooi soja sous na smaak oor. Passop vir te veel anders is dit te sout. Baie lekker saam alles


Marinda Lazenby
Maak nasi goreng

Hilde Strydom
braai uie.mushrooms.peppers en tamatie en bacon met veggie spices meng met rys. daara n lekker sousie en bak in oond. heerlik


Annelizle Botha
Kook rys gaar. Voeg gebraaide bacon in, eier wat hard gekook is en in blokkies gesny is, blokkies kaas en parsley.

Dot van Staden
Maak chilli rys. Braai ui knoffel green pepper en rooirissie in bietjie botter. Geur met borrie. Chip n wortel en voeg by
Gooi rys by en braai bietjie. Voeg water by en kook tot rys sag is
Helena Kruger 7-Colour Rice
1 tbsp olive oil
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, chopped
250g smoked bacon, chopped
1 red pepper, diced
1 green pepper, diced
1 yellow pepper, diced
1 tbsp, heaped, mild curry powder
400g cooked basmati rice
2 tbsp fresh thyme, removed from stem, chopped
Salt and freshly ground black pepper
Heat the oil in a large pan and sauté the onion and garlic for 2 minutes until slightly soft.
Add the bacon and cook until slightly crispy.
Add the peppers and cook for another 2 minutes or until just starting to soften.
Add the curry powder and cook for a further 30 seconds or so.
Add the rice and thyme and stir until combined.
Season to taste and keep warm, cover with foil or a lid until serving time.*. Siba Mtongana*> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/...

Malinda Cloete
As jou rys klaar gaar is, gooi gerasperde kaas en klein blokkies polonie in (kan eintlik enige koue vleis gebruik). Roer lekker deur tot kaas gesmelt is geur dan met aromat en pietersielie na smaak. My ma het dit altyd gemaak op n Saterdagmiddag saam met oond gebakte skaaprib en dit is heerlik.

Janine Snyman
vat rys en een blikkie chakalaka meng saam en walla - jy het rysslaai!!

Ronelle Nel
GOOI N BIETJIE BORRIE BY

Yvonne Puren
Braai mushrooms en uie in botter en roer by rys of maak geel rys met fyn gesnyde wortels en green peppers

Elize Landsberg van Rensburg
Braai bietjie uie en peppers, gooi die rys, sout en 'n blik gekapte tamaties by, gooi dan water by (bietjie minder as gewoonlik) en kook tot rys gaar

Alta Smith
Ek sit so bietjie botter in en 1 tlp kerriepoeier, bietjie gekapte grasuitjie en siedaar jy het nie eers 'n sousie nodig nie. baie baie lekker

Melinda Wentzel
Braai uie, green pepper, mushrooms in olyfolie, voeg gaar rys by met bietjie aromat. Roer goed deur! Baie lekker!!! Kan ook bietjie voorafgekookte gemengde groente byvoeg!

Hermias Cornelius Burger
ja en n bietjie spek

Melinda Nolte
braai greenpepper, uie, redpepper en mushrooms met n eetlepel botter. roer gaar rys in, jy kan ook borrie inmeng met mossels as jy see kos eet

Madeleine Botha
Ek braai die 3 verskillende kleure peppers saam met uie en ook bietjie knoffel dan kerf ek mushrooms in geur met swart peper en sout met bietjie barbeque spice en ook chutney met klein bietjie water, moet nie droog kook nie en gooi by gaar rys.

Alida Wallis Braai
uie, green/red pepper en mushrooms in bietjie extra olie en meng met koue gaar rys. Heerlike slaai

Mariska Erasmus
Ek kook die rys soos gewoonweg, maar geur dit met Italian Spice, stukkies gekapte rooi, geel en green peppers en lekker fyn gesnipperde uie. Saam met swartpeper korrels en sout. En net vir fun en kleur gooi ek so twee teelepels kerriepoeier by. Dit alles kook tot jou rys lekker sag en gaar is. Niks ekstra moeite nie en 'n wenner elke keer. En as jy nou regtig fancy wil wees, sit stukkies hoender of gebraaide spek in vir ekstra geur of 'n maaltyd op sy eie.


Wilma Mahne
Gevriesde ertjies en klein stukkies gebraaide bacon. 


GEBRAAIDE RYS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gegeurde-rys.htm
BESTANDDELE

250 ml rou rys
50 ml olie of botter
1 ui gekap
1 knoffelhuisie fyngedruk
2 seidery stingels gekap
125 g hoenderlewer
4 repe deurwasde ontbytspek gekap
Sout en peper na smaak
25 ml gekapte pietersielie
350 ml vleisaftreksel
1/ 2 groensoetrissie gekap
1/ 2 rooisoetrissie gekap
200 g gedreineerde in- ( gemaakte appelkose gekap )

METODE
Verhit olie of botter in swaarboomkastrol en braai spek en hoenderlewer daarin. Voeg ui en knoffel by en braai verder tot hoenderlewer gaar is. Dreineer en voeg rou rys by in olie in kastrol agtergebly het. Braai rys en roer aanhoudend tot goudbruin. Voeg seldery en soetrissies by en braai nog 10 min. Voeg vleisaftreksel, sout en peper, pietersielie, ui en spek by. Sny hoenderlewer in klein stukkies en voeg by. Plaas deksel op en prut oor lae hitte tot rys sag en gaar is. Voeg klein bietjie water by indien dit geneig is cm groog te kook. Voeg gekapte appelkose by en verhit weer tot deurwarm.

No comments:

Post a Comment