Friday 24 January 2014

GEPIEKELDE WAATLEMOEN SKIL




GEPIEKEL WAATLEMOEN SKILLE
*My eie Verwerking *
Sny en skil 1 Med Waatlemoen[ gebruik net die skil van die waatlemoen niks pienk nie]
Sny in blokkies en plaas in skottel en bedek dit met water en so ¾ k growwe sout[Brine}
Laat 24h staan en roer so 2x net om die sout op te los
Dreineer en spoel baie goed af
Laat 30min. staan in skoon vars water
Maak jou sous en plaas eenkant
Neem groot kastrol en gooi warm water in en as dit kook plaas jou Waatlemoen blokkies daarin en kook net so 10min [ dit moet net mooi deurskynend word..nie te lank nie]
Dreineer goed en skep in jou Stroop en los oornag
Volgende dag :
Kook vir 5min en bottel warm en verseel[ sorg dat al die borreltjies uit jou botteltjies is voor jy dit verseel
Laat staan +- 2weke voor gebruik..as dit oopgemaaak is plaas dit in die yskas*
STROOP*
4k suiker
3k Water
3k Asyn
3cm Vars Gemmerstuk
2 skywe Suurlemoen [middeldeur gesny=4 halwe skyfies}
Jy kan ook Steranys en Heel Kaneelstokkie en n paar Heel Naeltjies in n sakkie toebind en dit saam met jou stroop kook en verwyder net voor jy dit bottle*
N.S> Ek het vir 2 botteltjies =1 rooi Chillie opgekerf en 1t peppedews by my stroop gegooi ..So dit was net n Toets gewees ek sal laat weet hoe dit smaak..Natuurlik moet ek Chillies MOS iewers inbring**Helena Kruger 24/1/2014 *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gepiekelde-waatlemoen-skil.html

   


                                                            *In die Stroop oornag*


                                                  * In die Soutoplossing [Brine] 24h]*




Ek het weer n slag bietjie GEPIEKELDE WAATLEMOEN SKIL gemaak en ook Jalapenos en Peppedews by party bottels gevoeg en dit is baie lekker..Helena Kruger 17/02/2015

 





Pickled Watermelon Rind
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gepiekelde-waatlemoen-skil.html
Ingredients



1/2 small watermelon (about 5 lb.)



3 tablespoons salt



3/4 cup sugar



3/4 cup vinegar
2 star anise

Preparation
1. Remove rind from watermelon, leaving a small amount of red flesh attached to rind. Reserve watermelon flesh for another use. Peel rind, and cut into 1-inch cubes (about 5 cups cubed). Place in a large bowl.
2. Stir together salt and 3 cups water. Pour over rind. Cover and chill 24 hours. Drain; rinse well.
3. Combine rind, sugar, next 2 ingredients, and 3/4 cup water in a large Dutch oven. Bring to a boil; remove from heat. Cool completely (about 1 hour), stirring occasionally. Cover and chill 24 hours before serving. Store in refrigerator up to 1 week.**myrecipes.**


No comments:

Post a Comment