Saturday 25 January 2014

AARBEI EN GRENADELLA ROOMYS




Aarbei-en-grenadella-roomys
Diabeet vriendelik

deur Barbara Joubert
SARIE
(6 porsies)

Aarbei-roomys

400 g aarbeie
60 ml Huletts Sugalite-suiker
500 ml laevet Bulgaarse jogurt

Grenadella-roomys

115 g-blikkie grenadella-pulp
60 ml Huletts Sugalite-suiker
500 ml laevet Bulgaarse jogurt

Kap die aarbeie in jou voedselverwerker fyn. Voeg die suiker by en meng goed. Roer die jogurt by, gooi die mengsel in ‘n vlak bak en bedek met kleefplastiek. Vir die roomys, meng die grenadellapulp, suiker en jogurt saam, gooi dit in ‘n vlak bak en bedek met kleefplastiek. Sit albei bakke in die vrieskas en roer elke 30 minute tot die mengsel deels gevries is. Skep in glasies en vries tot hard. Sit voor met aarbeisous bo-op.

Aarbeisous

200 g aarbeie
45 ml Huletts Sugalite-suiker

Kap die aarbeie in jou voedselverwerker fyn en voeg die suiker by. Skep bo-op die roomys net voor jy dit voorsit.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/aarbei-en-grenadella-roomys.html

No comments:

Post a Comment