Saturday 25 January 2014

WILDSBILTING EN KAASSKONS



Wildsbiltong - en - Kaasskons

Absoluut 'n wenner...!!

Jy het nodig:

100ml gerasperde Cheddarkaas
150ml baie fyn wildsbiltong
420ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
120ml melk
35ml botter/margarien
3ml Bovril
1 eier

So gemaak:
Sif alle droë bestanddele saam, behalwe die kaas en die biltong.
Vryf die botter in die meelmengsel totdat dit korrelrig is.
Voeg die kaas en die biltong daarby.
Klits die Bovril, eier en melk saam en sny die mengsel met 'n mes in die bottermengsel in.
Rol die deeg uit in die verlangde dikte en sny in vierkante.
Plaas effens van mekaar op 'n gesmeerde bakplaat en bak by 220C vir plus-minus 12-15 minute.
Dien op met botter terwyl dit nog warm is
Van Boerekos Kook en geniet se Blad.

Ek het bietjie meer melk gebruik en en so handvol semels ingegooi. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/wildsbilting-en-kaasskons.html


No comments:

Post a Comment